Veiligheidswag in Kaapstad doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is doodgeskiet en nog een beseer tydens ʼn rooftog in Nyanga in die Wes-Kaap.

“Die twee veiligheidswagte is geskiet toe hulle ʼn bakkeryafleweringswa in Noxolostraat vergesel het,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Die slagoffers wat vermoedelik binne ʼn voertuig toe twee gewapende rowers op hulle losgebrand het.”

Een veiligheidswag, ʼn 45-jarige man, is noodlottig gewond en ʼn 42-jarige man is beseer en na ʼn hospitaal gehaas.

Al twee die wagte se vuurwapens is tydens die rooftog by hul afgeneem. Kinana sê die bestuurder van die bakkeryafleweringswa kon wegry toe hy die skote hoor.

Die polisie ondersoek sake van gewapende roof, poging tot moord en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.