Veiligheidswag in Polokwane doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Veiligheidswag is Dinsdagmiddag in Polokwane, Limpopo, tydens ʼn gewapende roof doodgeskiet.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die voorval het omstreeks 17:30 by ʼn sakeperseel in Magna Via plaasgevind.

“Veiligheidswagte van Fidelity Security Group het geld gaan oplaai toe hulle deur vyf gewapende verdagtes, wat klapmusse gedra het, oorval is,” het Otto gesê.

Die wag is tydens die rooftog doodgeskiet.

Die verdagtes het in twee voertuie met ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.