Veiligheidswag in transitorooftog geskiet

Foto: Watchdog Tzaneen

Foto: Watchdog Tzaneen

ʼn Veiligheidswag is in ʼn ernstige toestand nadat hy Woensdagoggend tydens ʼn transitorooftog naby Tzaneen geskiet is.

Marius Jacobs, woordvoerder van Watchdog Tzaneen, het aan Maroela Media gesê die rooftog het omstreeks 04:00 op die pad tussen Tzaneen en Giyani plaasgevind. Die rowers het vanuit ʼn BMW X5 en Audi op die begeleidingsvoertuig geskiet. “Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en die motor het gerol en op sy dak in bosse langs die pad beland,” het Jacobs gesê.

Die rowers het daarna op die transitovoertuig losgebrand en twee van die bande stukkend geskiet om die voertuig só tot stilstand te dwing, het hy gesê. Die verdagtes het uitgespring en vuurwapens op die insittendes gerig en hulle gedwing het om die transitovoertuig oop te sluit.

“Die verdagtes het met ʼn groot bedrag kontant in die rigting van Phalaborwa gevlug,” het Jacobs gesê. “R5-patroondoppies is op die toneel gevind.”

Een van die insittendes in die begeleidingsvoertuig moes na ʼn hospitaal gehaas word nadat hy in sy pelvis geskiet is. Die ander insittende het net geringe beserings in die voorval opgedoen.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hannelize ·

Ek hoop die man word vinnig gesond.

Ek wonder wat aan gaan in Tzaneen? Ek sien 1 van die Laerskole in Tzaneen is ook beroof vanoggend?

Karma ·

Hannelize, nee … dit is nie “Wat gaan aan in Tzaneen” nie – dit is “WAT GAAN AAN IN ONS LAND?” En waar’s diegene wat so skreeu oor “plaasmoorde” nou? Hierdie man is ook deel van die land se misdaad statistiek en niemand skreeu “veiligheidswag-moord” of “polisiebeampte-moord” nie.

ZAR ·

ek verstaan nie die berig so lekker nie. Die berig se die voertuig het gerol en op sy dak beland,en darrna word gese die bande is geskiet om die voertuig tot stilstand te bring?????

watter voertuig het gerol?

Karma ·

ZAR, lees mooi: daar is eerstens geskiet op die begeleidingsvoertuig, wat toe gerol het en DAARNA is die transito-voertuig se bande flenters geskiet, waarna die transito-voertuig tot stilstand gekom het.

ZAR ·

Miskien moet hulle eerste gaan soek by 7SAI weermag kamp in Phalaborwa,aangesien hulle mer R-5 gewere op die voertuie geskiet het.
Miskien is dit daar uitgeryk

Takkie Takuuza ·

Ek was lank gelede in die Weermag, maar sovêr ek kan onthou is die R5 deur die Lugmag en Polisie gebruik en die R4 deur die Weermag. Maar deesdae kan dit seker anders wees.

johny ·

Persoon wat ek ken het ook vir so n geld vervoer firma gewerk.Toe hulle gekonfronteer word deur die rowers het die person saam met hom gese ons moet onmiddelik uitklim en oorgee. Hy het gese hy sal nie en hy het die voertuig bestuur en hy het besluit om weg te jag.Die ander person is aangekla en ontslaan.Volgens my is sulke voertuie baie rower bestand.En bmw laat hulle les opse

johny ·

Hi Karma ek stem met jou saam.Dit is nie mooi as iemand geskiet word nie.Hy het nie daarvoor gevra nie.Maar ongelukkig as n blanke persoon of persone in die geskietery gewond of n swart persoon of persone is glo ek nie gaan daar baie simpatie wees nie .Blankes sal se in die swarte se geval.Hulle het mos ANC gestem .Hulle het geweet die land van ons is asg van hulle toedoen en die wat JA gestem het is hulle toedoen

m ·

Seker ma weer inside job. Hoe het hierdie mense presies geweet die voertuig ry 04:00

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.