Veiligheidswag is wenner van groot PowerBall-boerpot

Argieffoto: Pixabay

Die wenner van die PowerBall-boerpot van R64 miljoen was Woensdag by Ithuba, wat die Lotto bestuur, se kantoor in Johannesburg om sy geld op te eis.

“Ek sal uiteindelik met die vrou van my drome wat al vir 18 jaar aan my sy is, kan trou,” het die man wat in Limpopo gebore is en tans in die Kaap bly, gesê.

Hy het nog nie besluit hoe hy sy wengeld gaan bestee nie, maar het wel besluit om sy werk as veiligheidswag te los en af te tree.

“Ek wil ʼn huis vir my gesin koop. Ek het ʼn enkelma gehad en wil nie hê my kinders moet swaar kry en deurmaak wat ek deurgemaak het nie.”

Die wenner het twee kinders en sal nou sorg dat hulle by beter skole ingeskryf. Volgens die man was hy nog altyd lief vir sokker en sal hy dalk nou sy eie span wil begin.

Die wenner sê hy speel al sedert 1998 Lotto en dat hy elke week tussen R30 en R60 aan die PowerBall bestee, maar nog nooit voorheen veel gewen het nie.

“Ek het aanhou bid dat ek eendag sal wen en dis hoekom ek nooit moed opgegee het nie. Elke keer dat ek gespeel het, het ek gebid en ek kan nie glo dis uiteindelik besig om te gebeur nie.”

Volgens die man was hy in Limpopo by sy broer toe sy vrou hom gebel en meegedeel het dat hy gewen het.

“Ek moes my terug Kaap toe haas en die eerste ding wat ek gedoen het toe ek daar aangekom het, was om na my kaartjie te kyk, want dit was ongelooflik.”

Die wenner beplan om vir hom sy droommotor, ʼn Mercedes-Benz, te koop, van die geld te belê en sy eie onderneming te begin.

Khensani Mabuza, woordvoerder van Ithuba, het gesê daar sal gratis finansiële raad en berading aan die wenner verskaf word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

IK ·

Vra ek jare der jare gelede aan my NG predikant: ‘Dominee, indien ek die lotto wen, sal die kerk een tiende daarvan aanvaar’? Sy antwoord: ‘Wen eers die lotto, dan praat ons verder . . . ‘ Nodeloos om te sê dat ek nie daaraan deelneem en hy al oorlede is.

KL ·

Nie veronderstel om enigens daaraan te raak nie, die kerk sien dit as dobbel.

Donderstorm ·

Eks bly vir sy part ek myself het sekuriteit werk gedoen die geld is min die ure lank soms baie koud dan moet jy jou lewe nog op die spel sit vir ander mense wat dit nie altyd waardeur nie jy moet nou net mooi werk met jou geld.

RHG ·

Groot gelukskoot wat sy lewe kan verander. Hoop hy bestuur dit wys.

Karolis ·

Gewonder wat beteken “aanhouer wen”
Ek gaan aanhou bid.

Frikkie Geld en huis ·

Ek hoop sy geld hou. Hy wil dalk net te veel vermag. Wil op pensioen gaan, ‘n eie besigheid begin en ‘n eie sokkerspan op die been bring. ‘n Sekerheidswag het ook seker nie danig kennis van besigheid nie, so hy kan maklik alles verloor as hy met REGTE besigheidsmanne deurmekaar raak.

Stuiwer ·

Frikkie Geld en huis, dis nie mooi om op ander mense neer te kyk nie. Waarom dink jy dat ‘n sekerheidswag nie danig kennis van besigheid kan hê nie en wat as hy nie het nie, dit maak hom nie dom nie. Jy is seker ‘n “regte” besigheidsman, wat dit ook al beteken.

@Stuiwer ·

Ek dink Frikkie Geld en huis en die ander spul negatiewes is maar net rooi van jaloesie!!

Anoniem ·

Bid en volhard in geloof en toe wen die Meneer ! Wat ‘n groot getuienis vir God se belofte van SORG ! Meneer sterkte op Jou pad en planne saam met JESUS ??

Stuiwer ·

Anoniem, en wat as hy nie gewen het nie, beteken dit dan dat God nie sorg nie? Die feit dat hy gewen het, is pure geluk.

Neem ons God as 'n Idol ·

Wow, ek kan nie glo dat ons as Jesus se kinders hierdie kan neem as ‘n geloofs getuinenis nie!! Moet nie een oomblik dink dat dit van Jesus af kom nie, want met dit wat hy alles beplan sien ek nie hoe God se koninkryk waar dit nie oor ons gaan nie maar oor Hom gaan uitleef nie. Baie mense sukkel finansieel want hulle speel lotto en God sien dit as ‘n sonde, want ons neem die geld wat Hy vir jou voorsien deur enige werk maak nie saak hoe groot of klein nie en gaan sit dit terug in die serpent se mond. Buiten dit sien God dit dat jy vir jouself wil voorsien en Hy nie nodig is nie. Gaan belei asb om hierdie te verkondig as van God en bid dat hierdie man se lewe nie nou deur mammon verwoes word nie. Ons lees nie ons bybel nie, want as ons dit sou doen sou jy dadelik geweet het dis nie van God nie. Die Woord wat lewendig is in Matthew 6:24 jy kan nie twee masters dien nie, jy kan nie vir God en mammon dien nie. In John se dit jy kan nie die wereld liefhe of die goed in die wereld nie want God is nie in dit nie. Wees baie baie versigtig want ons maak ‘n mocking van God en ons gaan judgement voor staan voor Hom vir ons woorde en dade. God alleen voorsien anders is ons nie Sy kinders ne.

Willie ·

Ek dink ek gaan ophou om aspris die lotto nommers verkeerd in te vul..

honourable member ·

So bly vir sy part. Solank sy lewensstandaard kan verbeter. Hy moet net oordeelkundig met die geld werk want baie mense sal nou vir hom polisse en gemors wil laat uitneem om geld uit hom te maak. Hoop hy het n betroubare person.

MJ ·

20 jaar lank Lotto gespeel teen R60 per week.. is R62 000. Glad nie slegte belegging.. Goeie ‘rente’ verdien oor die 20 jaar. Hoop sy geld hou. Ek sal meeste daarvan belê om my kinders se toekoms te help vergemaklik.

RHG ·

Ek moet lag, Willie.
Ek dink mense word gehelp om hul geld te bestuur. Ek wonder of al die geld in een slag uitbetaal word.
Mens kan seker maak soos jy wil en jou drome uitleef, maar as jy maar arm was, dink ek nie dis realisties om ‘n Mercedes te koop nie. Mens moet in ‘n status in groei. Groot geld gee nie status nie. Dit moet darem seker bitterlik lekker wees as so iets na jou kant toe kom.

Anoniem ·

Meneer, baie geluk met jou wengeld. Spandeer dit wys en geniet die voorreg

Henry ·

Tree af, koop mooi huis vir jou en gesin, waar jy/julle ookal verkies om te woon.
‘Koop en geniet’ die heel mooiste en lekkerste Mercedes.
Belê die res mbv kundiges se raad. Met klem op die meervoud van kundiges en verkieslik buite die grense van hierdie droewe land.
Sorg goed vir vrou en kjeenirs en geniet elke dag van hierdie wonderlike toekoms wat jou Lotto/Powerball se vasbyt gebring het.
Kry vi’ jou my tjaania!!!

Nettie ·

In ag genome dat hy oor 20 jaar sowat R64 000.00 aan Lotery-kaartjies gespandeer het, het hy R63 936 000.00 gewen, vóór belasting nog moet afgetrek word. Hoe dit ookal sy: ek sê: “You lucky fish!”. Ek hoop hy spandeer die geld baie wys – koop sommer ‘n páár eiendomme, jou eie huis ingesluit, voor jy jou geldjies mooi belê – en jy sal vir die res van jou lewe nooit, ooit, ooit weer hoef te werk nie.

Marinda ·

Congratulations. Glad to hear someone who really deserves it won. Being in security is tough.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.