Veiligheidswag kritiek ná koeëlreën

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Marcus Trapp/pixabay)

ʼn Veiligheidswag van KwaZulu-Natal is Woensdag in ʼn kritieke toestand gelaat nadat vermeende rowers hom aangeval en geskiet het.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê dat die 30-jarige wag Woensdagoggend op sy pos by ʼn sakeperseel in Montclair was toe twee vermeende rowers hom aangeval het.

“Die gewapende mans wou glo ʼn winkel beroof en het die wag begin aangerand,” sê Mbele.

“Die verdagtes het op die veiligheidswag losgebrand en hom in die maag getref.”

Die mans het na bewering niks anders as die wag se vuurwapen gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het nie. Die polisie kon sedertdien nog nie die verdagtes opspoor nie.

Paramedici van Emer-G-Med het kort ná 11:00 op die toneel aangekom en die veiligheidswag in ʼn kritieke toestand aangetref.

Gevorderde lewensondersteunende ingryping is op die wag toegepas en hy is gestabiliseer voordat hy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is.

ʼn Saak van poging tot moord en poging tot roof is by die Montclair-polisiestasie geopen terwyl die ondersoek na die voorval voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris dupreez ·

Kan daar nie n elektroniese tjip in n vuurwapen gesit word wat jou n aanduiding gee waar hy is, soos n Tracker of so iets.

Althes ·

Ek bid dat hy ñ spoedige herstel het. In Jesus Naam. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.