ʼn Veiligheidswag is in ʼn nedersetting digby Kimberley in die Noord-Kaap vasgetrek nadat hy met staatsrekenaartoerusting ter waarde van derduisende rande betrap is.
Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê rekenaartoerusting ter waarde van sowat R30 000 is by die staatskantoorgebou in Kimberley gesteel. Die polisie het inligting ontvang wat die 40-jarige wag regstreeks met die diefstal verbind.
Hy was ten tyde van die diefstal ʼn veiligheidswag by dié gebou en het die toegangsbeheer bestuur.
Die wag is Dinsdag by sy huis in die Galeshewe-nedersetting in hegtenis geneem. Vyf SanDisk-geheuestokkies, skootrekenaarlaaiers, skootrekenaarsakke en twee skootrekenaars is in sy besit gevind.
Hy sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Galeshewe op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere verskyn.
- Van die toerusting wat in die veiligheidswag se besit gevind is (Foto: SAPD)
- Vyf SanDisk-geheuestokkies is van die goedere wat by die staatskantoorgebou gesteel is (Foto: SAPD)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Womder van wie.is hy familie om die pos te beklee
Dalk wou hy dit net veilig bewaar.
Toe die Romeinse digter Juvenal geskryf het: “Quis custodiet ipsos custodes?” (Wie sal waghou oor die bewakers?), het hy seker die huidige Suid-Afrika in gedagte gehad.