Veiligheidswag sterf in Bloem-rooftog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag, in sy 20’s, is Saterdag dood tydens ʼn mislukte rooftog by ʼn winkelsentrum in Heidedal in Bloemfontein.

“Hy het omstreeks 08:30 kontant afgehaal by een van die winkels by Twin City-winkelsentrum toe een van die rowers hom agtervolg het,” het brig. MS Makhele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy was op pad na die kontant-in-transito-voertuig wat by die ingang van die sentrum gestaan het, toe hy van agter in sy kop geskiet is.”

Die veiligheidswag het bo-op die kontantboks geval en die aanvaller het gevlug sonder om aan die geld te raak. ʼn Tweede persoon het toe glo by die aanvaller aangesluit en hulle het na ʼn wegkomvoertuig gehardloop en gevlug. Hulle het in ʼn wit dubbelkajuitbakkie met onbekende Gauteng-nommerplate gevlug.

“Die polisie in Bloemfontein het met ʼn groot soektog begin. Ons doen ʼn beroep op enigiemand met verdere inligting om na vore te kom. Kontak die Heidedal-polisie by 051 409 7213.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

André Kruger ·

Stem saam, sinneloos. Vraag is hoe kry ons dit gestop? Moet die vervoer van geld nie verander nie? Die beginsel wat Capitec gebruik om jou toe te laat om geld in sekere winkels by die kassiere te trek, is vir my nogal bemoedigend. Minder kostes vir handelaar, en gebruiker. Dalk moet ons dit op groot skaal doen. Enige ander voorstelle?

snoefie ·

geld word in n stoof/wasmasjien/grassnyer se boks verpak. klient koop, bojs wat agter uit die stoor kom het egter verskeie winkels se kontant in. hou net die reelings geheim. maar nou ja. ek dink as die “rowers” se agter grond nagegaan word gaan die liedjie “grapevine” in almal se koppe opkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.