Veiligheidswag sterf ná mislukte transitorooftog

(Foto: Twitter)

ʼn Veiligheidswag van Fidelity Cash Solutions is Vrydagoggend vroeg dood toe gewapende rowers die wagte op die M17 in die Rosslyn-omgewing, in die noorde van Pretoria, voorgelê het.

Luidens ʼn verklaring het ʼn onbekende aantal gewapende aanvallers in ʼn Mercedes Benz Vrydag omstreeks 06:30 teen ʼn hoë spoed teen die geldwa vasgejaag.

“Die skielike impak het veroorsaak dat die Fidelity-bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die voetuig het omgeslaan en in ʼn sloot langs die pad tot stilstand gekom.

Een van die veiligheidswagte is op die toneel dood. (Foto: Twitter)

“Die Fidelity-bemanning het in ʼn koeëlreën beland, maar kon hulself tydens die aanval verdedig en die aanvallers het gevlug.”

Die bestuurder van die Mercedes was ná die botsing in die voertuig vasgekeer en is op die toneel in hegtenis geneem. Hy is met ligte beserings onder polisiebewaking vir hospitaalbehandeling geneem.

ʼn Lid van die Fidelity-span het egter op die toneel gesterf, terwyl die rowers met leë hande gevlug het.

Een van die vermeende rowers is na die botsing in die voertuig vasgekeer. (Foto: Twitter)

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity Services Group, het sy kommer oor die jongste voorval uitgespreek.

“Ons innige medelye gaan aan die familie van die beampte wat dood is.

“Ons werk ook nou saam met die polisie tydens die ondersoek om te verseker die oortreders ry aan die pen,” het Bartmann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Cyril, jy en jou ministers het bloed op julle hande! Kyk mooi om jou en sien wat aan gaan. Julle dryf die kriminele in die rigting in! Skrik wakker en doen iets!!! Jou stilswye sê baie hoor en boonop sê groot hoed dis vakansie misdaad! Wat de hel???

Innige simpatie aan die familie in die moeilike tyd mag God julle dra!

Kokerboom ·

Hy en sy kommissarishet nie die vaagste benul wat om te doen…so moenie iets verwag

SomeOne ·

my simpatie met alle veiligheids beamptes wat hulle lewe so in gevaar stel

Cherokee ·

‘n Veligheidswag is vermoor en een van die moordenaars wat ligte beserings opgedoen het, is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Persheks Adri ·

Stem! Maak ook nie sin nie en hy vat onnodig ‘n bed waar iemand anders dit dringend nodig het

Alleen Wolf ·

Jammer van die veiligheids beampte, ons meegevoel met sy naasbestaandes, Dis dom verby om teen een van daardie gepantserde voertuie vas te jaag met ‘motor en dink jy gaan ongedeerd daarvan af kom, seker lekker twakkies gerook., dis mos nou wettig. Hoop hule vang die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.