Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê vier gewapende mans het veiligheidswagte van die G4S-veiligheidsmaatskappy by die Diepkloof Black Chain-winkelsentrum voorgekeer.
Die veiligheidswagte het pas kontant by ʼn winkel in die sentrum afgehaal. “Die verdagtes het op hulle losgebrand en een van die veiligheidswagte is doodgeskiet.”
Dlamini sê nog ʼn veiligheidswag en drie lede van die publiek is ook geskiet en gewond. Hy kon nie besonderhede rakende hulle beserings bekend maak nie.
Die verdagtes het in ʼn wit Chevrolet Cruze en silwer Volkswagen Jetta van die toneel gevlug. Dit is nie duidelik hoeveel geld hulle gesteel het nie.