Veiligheidswag tydens transitoroof doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is Saterdag doodgeskiet en vier mense is gewond tydens ʼn transitorooftog by ʼn winkelsentrum in Diepkloof, Soweto.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê vier gewapende mans het veiligheidswagte van die G4S-veiligheidsmaatskappy by die Diepkloof Black Chain-winkelsentrum voorgekeer.

Die veiligheidswagte het pas kontant by ʼn winkel in die sentrum afgehaal. “Die verdagtes het op hulle losgebrand en een van die veiligheidswagte is doodgeskiet.”

Dlamini sê nog ʼn veiligheidswag en drie lede van die publiek is ook geskiet en gewond. Hy kon nie besonderhede rakende hulle beserings bekend maak nie.

Die verdagtes het in ʼn wit Chevrolet Cruze en silwer Volkswagen Jetta van die toneel gevlug. Dit is nie duidelik hoeveel geld hulle gesteel het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.