Veiligheidswag vas ná transitorooftog

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Veiligheidswag is aangekeer nadat die geldwa wat hy bestuur het, in ligte laaie in Douglasdale in Johannesburg aangetref is.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê Aaron Kgotso Matsotso (44), ook bekend as Terence, het glo Maandag weggery nadat sy kollega by ʼn onderneming by ʼn winkelsentrum in Bellairs in is om geld te gaan afhaal.

Die Valke is later na ʼn misdaadtoneel waar dieselfde geldwa aan die brand gesteek is. ʼn Ongenoemde bedrag geld is agterin die voertuig gevind nadat die vlamme geblus is.

“Matsotso is ingeneem vir ondervraging en daarna van roof, sameswering om te roof, meineed, opsetlike saakbeskadiging, die besit van plofstof en dwarsboming van die gereg aangekla,” het Mulamu gesê.

Hy het reeds in die Randburgse streekhof verskyn en bly in aanhouding. Hy verskyn weer Woensdag in die hof wanneer hy na verwagting sal aansoek doen om borgtog.

Die Valke, in samewerking met lede van misdaadintelligensie, die provinsiale polisie, teenmisdaadintelligensie, die honde-eenheid en taktiese reaksie-eenheid het nóg ʼn verdagte intussen dopgehou wat vermoedelik ook by die voorval betrokke was.

Hy is Donderdag in die vroeë oggendure by sy huis in Dube, Soweto, aangekeer, het Mulamu gesê.

Die polisie het daar ook beslag gelê op ʼn ongenoemde bedrag geld, twee voertuie, skootrekenaars en ʼn uniform van Fidelity.

Die 40-jarige man verskyn na verwagting later vandag in die Randburgse streekhof op soortgelyke aanklagte as Matsotso.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fedup

Not surprised at all

Persheks Adri

Cyril your people man! Kyk wat laat jy gebeur in die land. Pragtig geleer by die ramp van ANC cartel