Veiligheidswag vas na transitorooftog

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die bestuurder van ʼn transitovoertuig, wat na bewering Maandagaand met die voertuig vol geld gevlug het, is in hegtenis geneem.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die 35-jarige verdagte is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem. Volgens Ramovha het die bestuurder met die geld gevlug toe die transitovoertuig by ʼn winkelsentrum in Somerset-Wes stilgehou het. Die veiligheidsbeamptes in die voertuig het glo uitgeklim en toe hulle terugkeer, was die voertuig en bestuurder skoonveld.

Ramovha het gesê die transitovoertuig is later verlate by die Khayelitsha-begraafplaas gevind. Die deure en kluis is vermoedelik met ʼn hoekslyper oopgesny en die geld is verwyder.

Dit het later aan die lig gekom ongeveer ses verdagtes het glo die begraafplaas se veiligheidswagte met vuurwapens aangehou, terwyl ander verdagtes die kluis oopgesny en die geld verwyder het.

Die verdagte sal Donderdag in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerd Lourens ·

Hierdie is werklik ‘n baie intelligente dief. Die mpy het al sy details.

Dalk kan die SAUK of SAL hom nou aanstel as Finansiële Direkteur…

pieter ·

Ek was self n transito drywer vir jare en was in een groot roof waar ek 9 keer geskiet was, en ek het ondervind die maatskapy bestuur gee nie ordentlike sielkundige nasorg na n roof nie, en het ook ondervind dat van my kollegas na n ernstige roof onverantwoordelike dinge aanvang sonder om aan die nagevolge te dink, dalk was die persoon ook so n geval, normaalweg sal so iets nie sommer gebeur nie want die personeel word streng gekeur

Buitestander ·

Waar daar geld by betrokke is die skelms baie vindingreik.
Hulle dink geld wat stom is maak alles reg wat krom is.
Ha, Ha, Ha!

Hasie ·

Gerd Lourens jy is oor die honderd persent reg. Dalk president.

Johann Smith ·

Hierdie is tipiese berig gewing . Weereens word die naam van die dief nie genoem nie. As dit gebeur kan jy maar raai wie dit is. As dit ‘n blanke was sou sy naam uit ge basuin geword het. Stem saam met Gert Louwrens, daar behoort ‘n hoe pos vir hom by ‘n ander staats instansie te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.