Veiligheidswag vas ná TUT-student geskiet is

TUT se hoofkampus in Pretoria-Wes (13 Oktober 2016) Foto: @therealrorisang, Twitter

TUT se hoofkampus in Pretoria-Wes (13 Oktober 2016) Foto: @therealrorisang, Twitter

ʼn Veiligheidswag is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord ná ʼn student Donderdag op die hoofkampus van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) geskiet is.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê die veiligheidswag is laat Donderdag in hegtenis geneem. “Die veiligheidswag op TUT se hoofkampus se haelgeweer het vroeër die dag na bewering per ongeluk afgegaan en ʼn student is beseer,” het sy verduidelik.

Die veiligheidswag was glo een van drie wat in ʼn groep gestaan het. Twee van hulle het gevlug ná die skietery.

De Beer het gesê die student is dadelik na ʼn hospitaal geneem en daar is beslag gelê op 11 haelgewere.

Dit is nog nie duidelik hoe ernstig die student beseer is nie.

TUT het Donderdag deurgeloop onder erge betogings in die voortslepende #FeesMustFall-betogings by die land se tersiêre instansies.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wouter ·

As jy n Polisieman of iemand met n klip gooi is dit ook poging tot moord. Daaraan word niks gedoen nie.

Suzie ·

More Wouter, hulle voel dit is hulle reg en hulle kan maak net wat hulle wil want hulle word dan nou benadeel. Geen dissipline of respek deur hulle ouers geleer nie. Meeste van die studente se ouers sit nou in die beste poste orals met helse groot salarisse maar hulle wil alles verniet hê. Ons land is in sy kanon in.

Ahooy ·

Mooi so!!! Hy het nie weggehardloop nie. Dis al rede hoekom die polisie hom kon vang!! En vat nou sommer AL die wagte se haelgewere af, sodat die arme stdente die hele TUT tot op die grond kan afbreek!! Hoeveel studente is al gearresteer?? WAT GAAN AAN MET ONS REGSTELSEL???? Pateties!! Die SAPS word BETAAL om WET en ORDE te handhaaf!!!

Maria van Dieweeck ·

As jy wil rond spring en dans voor mense met gewere, terwyl jou maatjies klippe na hul gooi, dan moet jy dit seker verwag!…Dommie!

Jean ·

Se my asb hoe werk dit? STudente sluit twee veiligheidswagte in ‘n gebou toe en steek dit aan die brand . een van hulle sterf, die studente kom niks oor nie. Hierdie veiligheidswag se wapen het per ongeluk afgegaan, nou is hy VAS. Te vreemd hoe werk hierdie dinge, jy mag niks aan ‘n betoger doen nie, hom nie eers TRIP nie, maar jy mag ‘n sekuriteitswag aan die brand steek binne ‘n gebou, WAAR is die buiteland nou met hulle Hector Peterson storie? Dis ‘n vulletjie teen wat die studente nou aan ander doen.

Asjas ·

Ek het gehoor hiervan en die nuus dop gehou maar daar was niks. Gehoop dit is nie so nie. Kan MM dit bevestig??

asjas ·

die sekuriteitswagte is seker wit. ek sien die staking deur die studente is n anc beskermde oproer. dalk omdat kroonprinsie Julius agter die staking sit???? Floyd, you are being set up for a fall. take heed. die anc beskerm hulle eie. daarom hoop ek die anc kan skadevergoeding uit eie sak nie staatskas nie betaal. die belastingbetaler moet ook oorleef. hulle kan nie net werk om hebsug van die tans bevoordeeldes te dek nie. as blade en Zuma hulle welpies gratis op universiteite wil hou moet hulle uithaal en wys. uit eie sak. blade baie mooi foto van jou oor die emmer op fb hoor.

charlene ·

My goeie genade kon die veiligheidwag nie stil staan dat die studente hom dood gooi met klippe nie?????? Wat dis is duidelik wat daar verwag word!!! Die studente is `n klom onbeheerbare barbare man! Hulle het ook `n man se dood veroorsaak maar daar gaan niks van kom nie want haai shame die arme ou goedjies is nie stout nie. Dis wat gebeur as mens lyfstraf weg vat, dis hoe kinders raak!!! Die kinders het geen maniere, geen respek nie. Daar is talle ware arme studente wat graag wil jaar maak maar hulle word dit nie gegun nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.