Veiligheidswag vas oor skietery by Choppies

Argieffoto (Foto: Unsplash)

’n 36-jarige veiligheidswag is in hegtenis geneem nadat hy Maandagmiddag glo ’n ander veiligheidswag, verbonde aan die Choppies-supermark in die Johannesburgse middestad, geskiet het omdat dié man kwansuis agterdog gewek het.

Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, sê die gewonde wag was geklee in ʼn uniform en het saam met ʼn kollega by die ingang van die betrokke supermark op die hoek van King George- en De Villiersstraat gestaan en klante se hande ontsmet.

Die verdagte het saam met kollegas by die winkel aangekom om geld op te laai. Die verdagte het ’n vuurwapen by hom gehad en enkele meter van die supermark se twee veiligheidswagte gestaan.

Die verdagte het ’n skoot afgevuur en een van die wagte by die ingang is raakgeskiet.

Mbele sê die verdagte beweer dat die veiligheidswagte verdag gelyk het – asof hulle hom en sy kollegas wou beroof.

Die slagoffer is in die onderlyf getref en per ambulans vir mediese behandeling na ʼn hospitaal geneem.

Die verdagte sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord. Sy vuurwapen is intussen vir ballistiese toetse gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jr ·

Baie goeie wapen opleiding gekry. Ja nee wat kan ‘n mens sê

LeanetteS ·

Regering wil ons wapens wegvat, al is dit net vir selfverdediging!!! Waar ander wat wapens dra en dit mag he,, sommer skiet, as jy net skeef kyk of verdag lyk?? Siek, die land maak my siek!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.