Veiligheidswag vas vir transitorooftog

Foto ter illustrasie. (Foto: SBV)

ʼn Veiligheidswag verbonde aan SBV het Woensdag in die landdroshof in Gqeberha (Port Elizabeth) verskyn vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn transitorooftog.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder, was die 43-jarige man en twee ander veiligheidswagte op 2 Julie om 05:25 by ʼn vulstasie in Cleary Park. Hulle het kontant in kitsbanke gelaai toe hulle deur ʼn groep gewapende mans oorrompel is.

“Die groep het die veiligheidswagte ontwapen en met hul vuurwapens en miljoene rande in kontant gevlug.”

Een veiligheidswag het ʼn kopbesering tydens die voorval opgedoen.

Die Valke het tydens sy ondersoek bevind dat die verdagte, wat die bestuurder van die transitovoertuig was, moontlik saam met die groep gewapende mans gewerk het om die transitorooftog uit te voer.

Hy is op 4 Julie in hegtenis geneem en is tot 14 Julie, die datum van sy formele borgtogaansoek, in polisieaanhouding.

“Die ondersoek duur steeds voort in die hoop dat die ander verdagtes binnekort aangekeer sal word,” het Mgolodela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jasper

My opinie is dat die in die meeste gevalle die inligting van binne kom en ongelukkig is daar nie ‘n duisend Leo Prinsloo’s om elke vrag te begelei nie.

Tiptol

Dis soos die een sekuriteitswag anoniem gesê het. ‘Jy ry en werk saam met iemand en nie niemand vertrou mekaar nie.’ Moet ‘n vreeslike werk wees as jyself nie korrup is nie.

Die Boerepompie

Jy kan maar weet by die hoet is daar altyd n binne man

Nie Verbaas

Psigometriese toetse sou vir hulle aangedui het dat die persoon nie betroubaar in sy werk sou wees nie. Word mos net aangestel want dis mos BEE en die regte ding om te doen.

Pieter

Betaal daai manne ñ beter salaris en voorkom die desperate gedrag. Maar daar kan ook die gierige ou wees wat nooit tevrede sal wees nie en die situasie uitbuit. Beslis nie gunstige werks omgewing nie.