Veiligheidswag vas wat glo met miljoene verdwyn

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag (45) het Maandag vlugtig in die landdroshof in Kempton Park, Gauteng, verskyn nadat hy glo met miljoene rande verdwyn het.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê drie wagte van die Fidelity Services Group, onder wie die beskuldigde, het op 5 April geld by kitsbanke in die omgewing van Selby in Johannesburg op- en afgelaai.

Hulle is daarna met die oorblywende geld terug na die maatskappy se perseel in Edenvale.

“Een van die wagte is by die ingang van die perseel afgelaai. Die wag wat die geldwa bestuur het, het die voertuig binne die perseel parkeer. Die derde wag het glo die geldsak in sy private voertuig gelaai en die perseel verlaat. Hy het nooit weer teruggekeer werk toe nie,” sê Nkwalase.

Die wag is glo nooit deursoek toe hy die perseel verlaat het nie.

ʼn Saak van diefstal is by die Valke aanhangig gemaak en die wag is Saterdag in hegtenis geneem.

Die Valke het ook op sy voertuig, waarmee hy met die geld gevlug het, beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Misky ·

Party mense is darem net plein en simpel; Dom!!!! Wat het hy gedink gaan gebeur en hoe sou hy daarmee wegkom?

Tiptol ·

Indien hy dit klaar spandeer het, gaan hulle nie die geld sien nie. Hofsaak gaan net vir maande aanhou.

Sambok ·

Skreeusnaaks,ek lag my gat af-sekuriteit wat hulle self nie eens kan oppas nue

Niklaas ·

Wonder nou net hoeveel miljoene? Hy is dalks land uit. Kanse is skraal dat hy gaan wegkom, maar een of twee groot vakansies is op hande. Nie vreeslik van hom egter, want waar hy skuil kan hy nie teveel verkwis of dit trek aandag

Hannes ·

Die artikel lees tog duidelik dat die wag Saterdag by sy huis in hegtenis geneem is, en daar ook op sy voertuig beslag gelè is..
Ek noem dit maar net, smaak my jy het die opskrif gelees niks anders nie..

Danie ·

Twee jaar tronkstraf.
Na 12 maande is hy uit.
Miljoene wat lê en wag vir hom iewers.
‘n Goeie dag se werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.