Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 32-jarige verdagte is in Nkanini in hegtenis geneem. Die tweede verdagte (28) is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem. Die vermoorde veiligheidswag se selfoon is in die verdagte se besit gevind.
Die veiligheidswag is Vrydag doodgeskiet toe hy reageer het op ʼn sakeroof in Margate. Mondli Mnyula (45) is in sy maatskappyvoertuig doodgeskiet. “Hy is in sy linkerhand en bors geskiet. Sy vuurwapen is gesteel en die verdagtes het in ʼn BMW van die toneel gevlug,” het Zwane gesê. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die arrestasies verwelkom.
Die verdagtes sal binnekort in die Ramsgate-landdroshof verskyn op aanklag van moord en sakeroof. Die polisie soek intussen na ʼn derde verdagte.