Veiligheidswag vermoor; twee vas

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn veiligheidswag tydens ʼn sakeroof doodgeskiet het in Margate, KwaZulu-Natal.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 32-jarige verdagte is in Nkanini in hegtenis geneem. Die tweede verdagte (28) is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem. Die vermoorde veiligheidswag se selfoon is in die verdagte se besit gevind.

Die veiligheidswag is Vrydag doodgeskiet toe hy reageer het op ʼn sakeroof in Margate. Mondli Mnyula (45) is in sy maatskappyvoertuig doodgeskiet. “Hy is in sy linkerhand en bors geskiet. Sy vuurwapen is gesteel en die verdagtes het in ʼn BMW van die toneel gevlug,” het Zwane gesê. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die arrestasies verwelkom.

Die verdagtes sal binnekort in die Ramsgate-landdroshof verskyn op aanklag van moord en sakeroof. Die polisie soek intussen na ʼn derde verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.