Veiligheidswag verskeie kere in Pta geskiet

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Veiligheidsbeampte is Saterdag verskeie kere in Centurion geskiet.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Olievenhoutbosch-uitbereiding 26 plaasgevind toe die beampte nie aan diens was nie.

“Paramedici is teen die aand na die toneel ontbied waar hulle die man, in sy 20’s, met skietwonde aan sy bors, kop en arm aangetref het,” het Siddall gesê.

Die man is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese sorg.

Die presiese omstandighede rondom die skietery is nie dadelik bekend nie. Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johanna Botha ·

Mens hoop maar net die wapen was nie n gesteelde of verkoopte wapen uit die polisie self se hande …..

Adam ·

Johanna, die oorprong van die wapen kan sekerlik nie die waansinnigheid van die krimineel se optrede mitigeer nie. Miskien is dit hoog tyd dat ons Afrikaners aan meer kreatiewe idees dink om die buiteland van ons land se ineenstroting bewus te maak. SA was jare gelede ‘n gedugte moondheid was, het die internasionale gemeenskap ons as ‘n startegiese vennoot gesien ondanks die feit dat ons as polities “melaats” beskou was. Dieselfde intensionale moondhede beskou ons huidiglik as net nog ‘n Afrika- grap en is salig onbewus van wat hier gebeur. Ons behoort elkeen individueel nie te huiwer om buitelanders in te lig oor ons benarde situasie nie en indien burgerlike organisassies die boodskap kan uitdra na die internasionle gemeenskap, sal die impak veel groter wees. Dit beteken niks indien ‘n politieke non-enititeit die vaandel dra nie en hier moet die vaandeldraers vooraanstaande sakeleiers en burgerlike organisasies wees wat die internasionale gemeenskap kan mobiliseer, bykans net soos die ANC destyds tydens hulle verbanning gedoen het.

Chrisjan ·

Ons móét positief bly. Die geskiedenis wys dat in toeka-se-dae nog selfs méér wreedheid en geweld was, al wil ek dit nie juis glo nie!

Leahim ·

Ek probeer om positief te wees maar dit is moeilik in hierdie land as elke persoon net lewe volgens die tien gebooie sal hierdie die paradys op aarde wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.