ʼn Veiligheidswag is Vrydagoggend voor ʼn begrafnisonderneming in KwaMashu, Durban doodgeskiet.
Netcare 911 is omstreeks 07:40 na die toneel ontbied.
“Die veiligheidswag was op diens by die onderneming toe hy deur ʼn getal onbekende skieters aangeval is. Hy is dood aangetref op die toneel en het sowat 12 skietwonde opgedoen,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.
Die KwaMashu-polisie stel ondersoek in na die omstandighede rondom die voorval.
Netcare 911 het sy meegevoel betuig met die man se familie.
- (Foto: Netcare 911)
- (Foto: Netcare 911)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Wat sou die arme man tog gedoen het om so tot sy einde te kom?