Veiligheidswagte beroof, een deur groep verkrag

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Welkom in die Vrystaat is op soek na vier gewapende rowers en verkragters ná ʼn voorval vroeër vandeesweek.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê twee veiligheidswagte het Maandag wag gehou by ʼn sakeperseel in Matjhabeng, toe hulle vroegoggend deur vier gewapende mans oorval is.

“Hulle het die wagte op die grond laat lê voordat hulle die manlike veiligheidswag na ʼn ander deel van die perseel geneem het en drie van hulle die vroulike wag om die beurt verkrag het.”

Die verdagtes het met twee selfone, ʼn sak, baadjie, selfoonlaaier, sleutels en ʼn motorradio gevlug.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan ao. Seepamore Thipe by 083 707 2530 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos ·

Maroela gee asb beter beskrywings dan kan die publiek op die uitkyk wees vir die verdagtes was dit wit mans,swart mans ,chinese,Indiërs. Suid-Afrika is ‘n diverse land en met beter beskrywings kan die publiek help om hierdie booswigte aan te keer.

Jaco Grobler ·

Nou goed Koos, kom ons sê dit was 4 swart mans, verduidelik nou asb. wat ek as Jan publiek nou moet doen om te help ‘uitkyk’ Sulke tipe inligting is slegs relevant as jy in die onmiddelike omgewing Is ten tye, of kort na die insident. Hierdie is amper ‘n week terug!

Slim ou ·

Jaco lees weer wat Koos se …….dink net ‘n bietjie daaroor en dan sal jy verstaan.

Lee-anne ·

en dan ook: waarom alle swart nasies groepeer, waarom praat ons nie van die afsonderlike groepe nie? Op soek na 2 xhosa mans / 4 zulu mans ens. Wonder net… ek dink hulle behoort ook trots te wees op hul afkoms soos ek is. Is ek verkeerd?

Lance ·

Ek wil raai wie dit was …dink ek is reg ja ….polisie nie in beheer van die land en sy mense …teveel mense regte as jy my vra ….

magda ·

Hier is ‘n totale bar en siek element in ons samelewing en die res moet die gelag betaal….hoe siek kan mense nie wees nie

AmY ·

Ons is almal intelligent genoeg om te weet dat as die media nie kleur noem nie, dit beslis ‘n sekere ras is. As dit ‘n blanke mans was, sou die berig gesê het, blanke mans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.