Veiligheidswagte beseer tydens transitorooftog

Foto verskaf deur ER24

Twee veiligheidswagte het Saterdagoggend matige tot ernstige beserings opgedoen tydens ʼn transitorooftog in Kempton Park.

“Paramedici het omstreeks 09:00 op die toneel in Planeweg in Spartan aangekom. Die transitovoertuig het in ligte laaie gestaan. Twee veiligheidswagte het langs die pad gelê,” het Ross Campbell, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die voertuig is vermoedelik met springstof oopgeblaas.”

Die brandweer het die brand geblus terwyl paramedici die twee veiligheidswagte behandel het.

“Een van die veiligheidswagte, ʼn 49-jarige man, het ʼn skietwond in sy been opgedoen. Sy kollega, ʼn 43-jarige man, is in die hand getref. Hulle is albei op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Volgens Emer-G-Med is die voertuig voorgekeer deur ʼn groep swaar gewapende mans. Die veiligheidswagte is geskiet voor die rowers die voertuig oopgeblaas het.

Die SAPD, metropolisie en verskeie veiligheidsmaatskappye was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

Foto verskaf deur Emer-G-Med

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Shakespeare ·

Welcome to the “Criminal infested” New Sout Êffrica.

Frederik C ·

Lyk of hulle effens te veel springstof gebruik het. Wonder of hulle darem ‘n paar rand kon kry ??

Jr ·

Affirmative BEE XMAS SHOPPING. HORRIBLE CRUEL ( CAN’T BE CALLED PEOPLE) SCUM OF THE EARTH

Pablo ·

Ek kan nie n wapen besit vir selfverdediging nie naar die skurke kan plofstof en wapen besit. Wat het van die eens mooi land van ons geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.