Veiligheidswagte geskors ná hulle pasiënt aanrand

Die aanranding is op beeldmateriaal vasgelê. (Skermgreep: Verskaf)

Twee private veiligheidswagte is deur hul werkgewer in die pad gesteek nadat beeldmateriaal aan die lig gekom het waarin hulle ’n bejaarde pasiënt by die Estcourt-hospitaal in KwaZulu-Natal aanrand.

Die verpleegster wat die voorval op kamera vasgevang het maar glo versuim het om in te gryp of die voorval by die bestuur van die hospitaal aan te meld, is ook voorlopig geskors hangende ’n ondersoek na die voorval.

KwaZulu-Natal se LUR vir gesondheid, Nomagugu Simelane, het intussen die voorval ten sterkste veroordeel.

“Dit is uiters kommerwekkend dat daar besluit is om die video te versprei in plaas daarvan om die bestuur van die hospitaal bewus te maak [van die voorval].

“Ons gee aandag aan die saak en het die bestuur opdrag gegee om dit te ondersoek en beslissend op te tree,” het Simelane gesê.

“Ons het ook die private maatskappy wat verantwoordelik is vir die veiligheidspersoneel wat die pasiënt aangerand het aangesê om onmiddellik teen hulle op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Samuel ·

Die aanranding was selfs op die nuus. Dit skep ‘n negatiewe beeld van staatshospitale wat reeds nie goeie reputasie het nie. Die indruk is geskep dat dit ‘n nie-betalende pasiënt is wat uitgesmyt word.

Kanamandanie ·

Dit gebeur landwyd. As dit nie die personeel is nie dan is dit die veiligheids wagte. Dit gebeur in ander instansies ook. Die ouetehuise loop ook deur.

Hester ·

DIT IS BAIE GOEIE NUUS ADT DIE EEN WAT DIE VIDEO GEMAAK HET OOK AANGEVAT WORD! HOOP NIE DIT BLY NET BY DIT NIE

Magda G ·

Die verpleegster moet ook afgedank word. Waar is haar respek vir die pasient.

Ian ·

Daai is tronksake. Daaie lede kan nie net gefire word nie hulle moet strafregtelik vervolg word. Uit en uit rassisme. Dit moet uitgeroei word.

Blomme ·

Wat het hierdie wrede daad met rassisme te doen Ian? Maak nie saak watter kleur.. Geen bejaarde verdien enige vorm van verwaarlosing of aanranding.

marius ·

As dit nie vir die verspreiding van die video was nie , sou hier niks van kom nie . Dink ander verskonings uit . Dit gebeur elke minuut .

Pieter J ·

Dan dink mense nog hulle is veilig wanneer hulle woonplekke deur hierdie sogenaamde veiligheidswagte opgepas word. Ek dink nie hierdie mense word behoorlik gekeur voor indiensneming nie en sommige van hulle hou ń groot gevaar in vir die publiek.

Mieke ·

Ek wonder of sy eenvoudig te bang was om op te tree? As twee veiligheidswagte die pasient kon aanrand was hulle duidelik in staat om dieselfde aan haar te doen.

JohanR ·

Hierdie land was eens om ‘n tyd mal. Nou is hy nog maller!

Sarel ·

Sekuriteitsmense dink die Hospitaal bdhoort azn hulle.
Laat ek julle amper waarborg niks gazn vsn die saak word nie.
Kinders se bakleiery by skool kry meer asndag

Francois ·

Dit gebeur daagliks. Fire die een ook wat die vidro geneem het wat daai een het net soveel aandeel daaraan

Gert ·

Die sekuriteit by ons in die Wesrand dink hulle is baas. Hou daarvan om die gewig n bietjie rond te gooi. Toe een van hulle soort verby my vrou met haar gebreekte been loop en haar met n tas teen die gips stamp en ek wil kla dáároor wil die sekuriteit my uitgooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.