Veiligheidswagte koelbloedig in Hillbrow doodgeskiet

Argieffoto

Twee Chubb-veiligheidswagte is voor omstanders en motoriste in hul patrollievoertuig in Hillbrow, Johannesburg, doodgeskiet.

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR van gemeenskapsveiligheid, doen ʼn beroep op die polisie om seker te maak dat die “sinnelose aanval op veiligheidswagte in Gauteng” verhoed moet word.

Die twee veiligheidswagte, onderskeidelik 45 en 50 jaar oud, het Maandagaand op die hoek van Caroline- en Claimstraat in Hillbrow in hul patrollievoertuig gesit toe vyf persone hulle oorval en op hulle begin skiet het.

Nkosi-Malobane het gesê die twee veiligheidswagte is in die bors getref en op die toneel dood verklaar. “Een van hul vuurwapens is gesteel. Die oortreders is nog nie aangekeer nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof.”

Twee veiligheidswagte, Eric Ngobese en Boykie Moyo, is in Oktober 2018 naby Maponya Mall in Soweto doodgeskiet. Hulle was deel van ʼn span wat gespesialiseerde veiligheidsdienste vir ʼn finansiële instelling verskaf het. Die motief vir die aanval was om hulle vuurwapens te steel. Die polisie het intussen ʼn deurbraak gemaak in die saak.

“Ek is baie besorg oor die aanvalle op veiligheidswagte. Die provinsie word beroof van onselfsugtige, toegewyde lede in die privaat veiligheidsbedryf. Dié beamptes speel ‘n noodsaaklike rol om ons wetstoepassers by te staan in die stryd teen misdaad. Die aanslag teen hulle kan nie onverpoosd voortgaan nie,” het sy gesê.

Sy doen ʼn beroep op die ondersoekspan om seker te maak dat die oortreders aangekeer word. “Ek doen ook ʼn beroep op die gemeenskap om na vore te kom indien hulle enige verdere inligting oor die voorval het om die polisie in hul ondersoek by te staan. Namens die Gautengse provinsiale regering betuig ek my meegevoel aan die familie, vriende en kollegas van die twee veiligheidsbeamptes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mads ·

Ek bid vir elke Veiligheidswag in hierdie land. Dis een werk wat ek nie in vandag se tye wil he nie.
Sterkte aan die families.

DS ·

Was nou die dag by lisensie afdeling en raak toe aan die gesels met ‘n swart man wat langs my gesit het. Ek hou daarvan om hulle siening te hoor al stem ons nie altyd saam nie. En hy se toe Mevrou as jy nie ‘ n Nigerian is nie waag jy dit nie in Hillbrow nie. Nou ja wat meer kan ek se uit sy mond gekom. Slangnes van dwelms en seksvedrywighede en geen respek vir die wet of ander se lewens nie.

Snowflake ·

Feit van die saak is….. ONS LAAT DIT TOE….. PUNT…. ons bestaan word oorheers deur terroriste

DS ·

Snowflake enige voorstelle hoe ons die “ons laat dit toe” kan stop sit?? Dis nie of ons die polisie of weermag kan vra om te help nie. So ek sou eerder se “ons word gedwing” want as individu kan ek en jy niks doen behalwe bid en miskien as iets gebeur met jou en jou gesin te probeer om julle suksesvol te beskerm.

Why ·

HOEKOM WAS HULLE NIE PARAAT NIE? SIMPATIE MET DIE FAMILIE, maar soos ons gewone lede van die publiek rondom ons kyk en wakker is, so moet hulle ook wees . hoekom word die TWEEDE stel veiligheidwagte so onkant betrap???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.