Veiligheidswagte skiet glo omstander dood ná ligte botsing

Argieffoto

Argieffoto

Drie SBV-veiligheidswagte is in hegtenis geneem nadat hulle Dinsdagmiddag glo ʼn persoon doodgeskiet het ná ʼn ligte ongeluk met hul geldwa in Hillbrow, Johannesburg.

“Nog twee mense is in die voorval beseer,” het lt.kol. Khensani Magoai, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

“ʼn Swart Toyota-bakkie het glo die geldwa getref,” het Magoai gesê. “Die veiligheidswagte het op die bakkie se insittendes losgebrand. Die persone het gevlug. Een omstander is tydens die voorval doodgeskiet en twee ander mense is beseer.” Die beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die veiligheidswagte word aangekla van moord en poging tot moord en moet Woensdag in die landdroshof in Hillbrow verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annie ·

Die personeel van SBV se lewens is elke dag in gevaar. Ek sou seker presies dieselfde gedoen het. Dit is jammer dat die oorledende ‘n omstander was en nie een van die insittendes wat pad gevat het nie.

Amiedaat ·

Ek was in n voorval gewees met die ouens ook waar ek nie geweet het hul is besig met die atm masjien se geld nie en wou geld trek toe die “soldaat” sy R4 op my gerig het en my weg gejaag soos n hond. baie sterk geword die ouens weet ek ja…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.