Veiligheidswagte tydens beurtkrag by kragstasie aangeval

Vier veiligheidswagte is aangerand en een in die nek geskiet tydens ʼn rooftog by ʼn kragsentrale van City Power Woensdagaand.

Die veiligheidswagte wat in diens is van Mafoko Security Patrols, het nagskof gewerk by die Prospect-substasie in Johannesburg.

“Ons verstaan dat die wagte tussen 23:00 en 24:00 deur drie indiwidue gekonfronteer is wat oor die hek van die substasie gespring het terwyl beurtkrag toegepas was,” sê Isaac Mangena, woordvoerder van City Power. “Een van die wagte kon tydens die voorval ontsnap, maar die ander drie is aangehou met vuurwapens en is aangerand voordat hulle beroof is van hul selfone en kontant. Een van die wagte is van naby in die nek geskiet en is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.”

Mangena sê die verdagtes is betrap deur twee City Power-operateurs wat die krag ná beurtkrag weer kom aanskakel het. “Die verdagtes het van die toneel gevlug toe hulle die voertuig sien naderkom,” sê Mangena.

Lerato Setshedi, uitvoerende hoof van City Power, het gevra dat die veiligheidsmaatreëls by kragstasies hersien word. Hy het sy medelye met die families van die beseerde wagte uitgespreek en gesê hy hoop hulle sal vinnig herstel.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.