Twee veiligheidswagte is Dinsdagmiddag by ʼn kompleks in Lonehill, noord van Johannesburg geskiet.
“Die veiligheidswag wat die perseel gepatrolleer het, het glo ʼn verdagte voertuig opgemerk wat by die perseel inry en het sy beheerkamer in kennis gestel,” het Karen Jacobs, woordvoerder van die polisie, gesê. “Drie verdagtes het hom gekonfronteer en hy is in die arm geskiet.”
Die reaksiebeampte het ook intussen opgedaag en hy is in die nek geskiet. Die verdagtes het sy vuurwapen gesteel en het in ʼn Mercedes Benz van die toneel gevlug.
Al twee veiligheidswagte is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling, het Jacobs bygevoeg.
Bron: Adam Wakefield, News24