Veiligheidswagte tydens transitorooftog beseer

Argieffoto

Argieffoto

Twee veiligheidswagte is Vrydag beseer toe gewapende mans in Marikana, oos van Rustenburg in Noordwes, op ʼn transitovoertuig losgebrand het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die gewapende mans wou die transitovoertuig beroof wat van Rustenburg na Brits op pad was.

“Die voertuig was op die pad toe ʼn getal verdagtes in twee voertuie, ʼn blou Range Rover en ʼn wit Volkswagen GTI sonder nommerplate, op hulle geskiet het,” het hy gesê. “Die bestuurder het beheer verloor oor die transitovoertuig. Volgens inligting het die gewapende mans uit hul motors gespring en op die G4S-voertuig geskiet.”

Hulle het egter van die toneel gevlug sonder om enige kontant te vat.

“Twee veiligheidswagte is beseer. Hulle is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling,” het Mokgwabone bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot roof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liewe lulu ·

Hierdie ouens moet beter bewapen word tespyte van inside jobs moet daar n spesifieke wag aangestel word wat 24\7 aangestel word wat enigeiets wat verdag lyk skiet en raak skiet kersfees is om die draai en geld is min

Ig ·

Die Polisie hoef nie baie ver te soek nie,dit is n inside job.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.