Veiligheidswagte tydens transitorooftog geskiet

Argieffoto

Drie veiligheidswagte is Vrydagmiddag geskiet tydens ʼn transitorooftog in Johannesburg.

“Paramedici het omstreeks 13:30 by die toneel op die hoek van Twist- en De Villiersstraat aangekom,” het Annine Siddall, woordvoerder van ER24, gesê. “Een man was in ʼn kritieke toestand. Drie persone is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Manne, die feit dat daar op julle los gebrand is se dat julle, julle werk gedoen het. Julle het nie net oor gegee aan die boewe nie. Ek se dankie vir julle diens wat julle gee an alle Suid Afrikaners. Sonder julle sal die kriminele meer hans wees, dus meer gevaarlik. Ek wens julle n spoedige herstel toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.