Veiligheidswagte vas na ‘dief’ se dood

Argieffoto: SAPD

Twee veiligheidswagte is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle glo twee mans in Midrand aangerand het. Een van die slagoffers het ná die beweerde aanranding aan sy beserings beswyk terwyl die ander een daarin kon slaag om die voorval by die polisie aan te meld.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê ʼn man het by die Midrand-polisiestasie ingekom en beweer dat hy en sy vriend op die R55 geloop het toe hulle deur vier veiligheidswagte aangerand is.

Volgens Makhubele het die groep veiligheidswagte glo die twee mans daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by ʼn onlangse diefstal by ʼn kerk in Midrand.

Die man het die polisiebeamptes na die toneel gelei waar hulle die liggaam van sy vriend aangetref het.

Die twee veiligheidswagte wat in hegtenis geneem is staan nou tereg op aanklagte van moord en poging tot moord. Die ander twee veiligheidswagte is in dié stadium steeds soek.

Die polisie doen nou ʼn beroep op die publiek om enige inligting omtrent die voorval by hul naaste polisiestasie of die Misdaad Stop-nommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Scalla ·

Die 2 diewe het hul seker self beseer met die verset tot arrestasie.

Pampoen ·

Waar kry jy die inligting? Hulle is nooit gearresteer nie. Die sekuriteits beamptes het hulle daar gelos.

Willem ·

Langs pad geloop? Hulle was besig met iets verdags nou kry wagte die skuld

Magda ·

As dit so is – hoekom het die veiligheids wagte nie die voorval aangemeld nie.

Sarel ·

Dis wat gebeur as die Polisie nie hulle werk dosn nie..die Gemeenskap is Gatvol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.