Veiligheidswagte vas ná transitoroof wat lewe van insleep-man eis

Foto: @2105tp/Twitter

Drie mans sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Krugersdorp aan die Wes-Rand verskyn vir hul beweerde aandeel aan die transitorooftog wat vandeesweek tot die dood van ʼn insleepvoertuigbestuurder in Johannesburg gelei het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die veiligheidswagte van die geldwa wat Vrydagoggend geteiken is, is ná die voorval vir ondervraging in aanhouding geneem waarna hulle in hegtenis geneem is.

Mulamu sê ʼn ondersoek het gelei tot die terugvordering van ongeveer R3,2 miljoen kontant wat in asblikke versteek was op ʼn perseel langs die plek waar die transitorooftog uitgevoer is, asook onder die sitplek van die voertuig.

Die veiligheidswagte, onderskeidelik 25, 28 en 40 jaar oud, staan nou tereg op aanklagte van moord, gewapende roof, sameswering om gewapende roof te pleeg, die besit van vermoedelik gesteelde geld, meineed en regsverydeling.

Daar word in dié stadium na nog verdagtes gesoek.

Maroela Media het vroeër berig nagenoeg 12 mense wat in vier voertuie gery het, het Vrydag ʼn insleepvoertuigbestuurder doodgeskiet wat hulle agternagesit het nadat hulle ʼn geldwa beroof het.

Die verdagtes het ʼn geldwa van die sekerheidsmaatskappy G4S Vrydag omstreeks 08:00 aangeval nadat veiligheidswagte geld by kitsbanke opgelaai het.

Die geldwa was op pad in Ontdekkersweg in Florida toe die 12 verdagtes in vier verskillende voertuie, ʼn swart BMW, ʼn swart Mercedes-Benz, ʼn wit Ford Ranger en ʼn wit Audi Q5, op die geldwa losgebrand het.

Die bestuurder van die geldwa het stilgehou en die verdagtes het die veiligheidswagte op die grond laat lê. “Die verdagtes het plofstof gebruik om die geldwa mee oop te blaas en het met ʼn onbekende bedrag kontant op die vlug geslaan.”

ʼn Insleepvoertuigbestuurder het gesien wat gebeur en die verdagtes agternagesit. “Skote is afgevuur en die bestuurder van die insleepvoertuig is noodlottig gewond.”

ʼn Vuurwapen wat by een van die veiligheidswagte afgeneem is, is later in Hendrik Potgieterweg gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Daar is soe baie geweld in die land dat ek is seker die hofe en regters weet nie meer watter kant toe nie. Ons verdrink in geweld!

Johann

Inhirent en kern korrup. Hoogs waarskeinlik betrokke by meeste sulke gevalle.

Persheks Adri

Geen borg nie ASB!!! Maak hulle praat oor waar die ander ouens is klaar. Mag julle lekker gaan sit vir ewig!

Ek ry nie eers naby ‘n CIT “van” nie ek’s tot die dood toe bang hulle word geblaas en ek en my kind is naby!

Mad Mike die Rhodesiër

Bedrog en geweld – tekens van die tye. Die tyd van Openbaring is hier…

Gert Johannes

Geen roof, moord ens, is onbepland nie, altyd binne inligting en dan is hulle ook nog deel daarvan. Arme insleepvoertuigman was nie deel van die beplanning nie.