Veiligheidswagte vas vir transito-roof

Argieffoto

Argieffoto

Twee wagte by ʼn bekende veiligheidsmaatskappy in Kaapstad is Vrydagoggend in verband met ʼn transitorooftog in hegtenis geneem.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes, onderskeidelik 37 en 38 jaar oud, word verbind met ʼn transitorooftog wat verlede maand in Mitchells Plain plaasgevind het. Die wagte en bestuurder van die transitovoertuig het beweer hulle is deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval en van hul vuurwapens en sakke kontantgeld beroof. Geen skote is afgevuur nie en niemand is in die voorval beseer nie.

“Nadat die twee veiligheidswagte vanoggend by die maatskappy se hoofkantoor in Milnerton vir diens aangemeld het, het lede van die Valke op die gebou toegeslaan en die twee in hegtenis geneem,” het Ramovha gesê.

“Hulle sal Maandag in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van gewapende roof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Wonderlik wat ‘n mens nie alles sal bedink en doen vir ‘n ou geldjie, natuurlik met die minste inspanning en tog die domheid dat jy uitgevang kan en sal word.

kayvee ·

Verstaan nie mooi..word aangekla vir ‘gewapende roof’…
Roof op hulself? Vang nie..

Frederik ·

Die wagte en die bestuurder het beweer hul is beroof, maar net die wagte is gearresteer. Daar iewers sit nou seker ‘n Valk wat vir die bestuurder wag om aan te meld vir werk.

KarooKlong ·

Wat van die bestuurder, was hy deel van die oorvaldes of van die verdagtes/rowers?
Berig is nie duidelik hieroor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.