Veiligheidswagte wat by huis inbreek vasgetrek

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Twee veiligheidswagte is in hegtenis geneem nadat hulle glo by ʼn huis in Heidelberg in Gauteng ingebreek het.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het gesê die wagte van wie een ʼn toesighouer was, is Vrydag by hul werkplek in die hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming het gevolg op leidrade wat die polisie van die gemeenskap gekry het.

“Die veiligheidstoesighouer en sy wag het glo die motorhuis se deur afgebreek en ʼn kompressor gesteel. ʼn Maatskappymotor is tydens die pleeg van die misdaad gebruik.”

Kol. Amanda Viljoen, stasiebevelvoerder, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om alle huis- en sake-inbrake by die polisie aan te meld.

Viljoen het bygevoeg die nuutgestigte residensiële- en sakeondersoekspan is bekwaam, effektief en gereed om alle sake wat vir hulle gegee word te takel.

Die verdagtes sal Maandag in die Heidelberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ek sal ook graag wil weet????? ·

Nou het ek SOWAAR alles gehoor. Gee bietjie die naam van die maatskappy.

Johann Marx ·

Hier by ons ry die sekuriteitsmaatskappye die kriminele aan na die strate toe waar daar min betalende kliënte is, en hou wag terwyl die krims hulle ding doen…..Die volgende oggend is daar pamflette in jou posbus, sms’e op jou foon, en iemand wat jou bel om te hoor of jy belangstel in ‘n “gratis” alarmstelsel en gewapende reaksiemag se “dienste”. Die ou geld-duiwel darem…..laat mens snaakse dinge doen.

Anoniem ·

Het al van vele gehoor veral net na jy alarm stelsel laat installeer het dan breek hulle in.

Pop ·

Hier by ons patroleer hulle die buurt met fietse. Weet alles wat aangaan in elke erf. Honde word verpes by huise waar mense werk. Knoop geselsies aan met al die tuinwerkers. Klagtes by die maatskappy het niks opgelewer nie. Toe kanseleer ons. Ek sal maar my eie erf oppas.

Jack ·

Die mense moet lewenslank tronk toe gestuur word. Hulle is veronderstel om die gemeenskap veiliger te maak. Wat word van die samelewing???

PJC ·

Baie interressant hoe hierdie dinge werk. Het al 4 inbrake die afgelop paar jaar gehad en my huis lyk nou soos Fort Knox. Toevallig word ń mens dan ń dag of twee later gebel deur ń sekuriteitsfirma om te hoor of jy nie van hulle dienste gebruik wil maak nie. Na elke inbraak is ń mens ook al minder lus om die polisie te betrek as gevolg van die mense wat by jou huis opdaag. Baie van hulle het ń soort van houding en kan nie Afrikaans of Engels behoorlik praat nie en kan slegs met groot moeite skryf. Die verklarings wat hulle afneem is van nul en gener waarde. Die enigste rede hoekom mens moeite doen om hulle te betrek is om ń saaknommer te kry. Party van hulle vra jou ook ewe blatant of hulle die saak moet ondersoek en of jy net ń saaknommer wil hê.

SjN ·

Dit gebeur as jy wolf skaapwagter maak, doen jou eie ding, vertrou net jouself ivm sekuriteit by jou veilige hawe wat veronderstel om so te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.