Veiling van Zimbabwiese eiendom in Kaapstad gaan voort

willie-spies

Willie Spies. Foto: PretoriaFM

Internasionale regsgeskiedenis sal Maandag in Kaapstad gemaak word wanneer die eerste eksekusieveiling van ’n Zimbabwiese eiendom in Suid-Afrika plaasvind, as die regstreekse gevolg van pres. Robert Mugabe se menseregtevergrype in dié land.

AfriForum het die afgelope ses jaar ’n groep Zimbabwiese boere suksesvol bygestaan om ’n 2008-bevinding van die SAOG-tribunaal wat Mugabe se grondgrype onwettig verklaar, in Suid-Afrika af te dwing. Ná ’n vyf jaar lange regstryd gaan ’n eiendom van die Zimbabwiese regering in Salisburyweg 28, Kenilworth, Kaapstad, opgeveil word omdat die Zimbabwe-regering nagelaat het om kostebevele van die hooggeregshof, die appèlhof en die grondwetlike hof te eerbiedig.

AfriForum het ses jaar gelede begin om Zimbabwiese boere en menseregte-aktiviste in die land by te staan met ’n regstryd nadat Mugabe geweier het om gehoor te gee aan ’n bevel van die SAOG-tribunaal dat sy grondgrype onwettig en rassisties is. Die bevel is in die hooggeregshof in Pretoria geregistreer en AfriForum se prokureurs het vir die eerste keer in Maart 2010 beslag gelê op die eiendom in Kaapstad.

Ná onsuksesvolle pogings van die Zimbabwe-regering in die hooggeregshof, die appèlhof en die grondwetlike hof om die registrasie van die uitspraak in Suid-Afrika om te keer, gaan die balju van Kaapstad Maandag voort om die eiendom om 10:00 op die perseel op te veil.

Die aard van die litigasie tans het ten doel om ’n burgerlike sanksieveldtog teen menseregtevergrype in Zimbabwe op verskeie terreine aan die gang te hou.

Indien die veiling Maandag voortgaan, sal dit die eerste keer in die geskiedenis wees dat ’n uitspraak van ’n menseregtehof in Afrika lei tot die verkoop van ’n eiendom van ’n land wat hom skuldig gemaak het aan menseregtevergrype, op ’n openbare veiling deur die balju.

AfriForum staan die boere ook by in ʼn afsonderlike regsgeding teen pres. Jacob Zuma en sy ministers van justisie en van internasionale verhoudinge, weens die Suid-Afrikaanse regering se medepligtigheid aan die onwettige proses wat gelei het tot die opskorting van die SAOG-tribunaal se mag om oor menseregtevergrype teen burgers van lidstate te beslis. Die saak sal teen vroeg volgende jaar in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dave ·

Jou glas is halfleeg terwyl myne halfvol is. Ons is al gewoond aan pessimiste soos jy.

Dave ·

Ure later en my glas is vol! Hoop joune is nie leeg by nou nie! Wees optimisties Martin!

Henry ·

Wonderlike werk en skitterende resultate Afriforum!!!
Nog een van sovele voorbeelde wat Afriforum en Solidariteit deur sinvolle, en beskaafde metodes, vermag.
In skrille kontras met die enkele siele wat op allerlei skel-en-slegsê werwe lawaai maak en stof opskop, wat uiteindelik van geen nut vir mens of dier is nie.

Pieter dp ·

Net jamer dat slegs die wat die nodage fonse het is die wat gehelp word.

Johan ·

Soos Zuma en sy cronies die Albashir debakel hanteer het is die kanse ook goed dat hy hier gaan inklim en die verkoop van die eiendom gestaak gaan word.

Winston ·

Puik nuus Afriforum. Ek is n trotste lid en ondersteuner. Dankie julle praat nie net nie maar doen ook!! Daar wag nog suksesse op dié wat deelneem en nie van die kant af skree nie. Knap gedaan manne en dames

Ans ·

Welgedaan Afriforum , jul hou by jul woord wat spreek van integriteit.

piet ·

Kan die hele zim nie deel wees van die veiling nie dink net dan moet hy uit en kan almal in vrede lewe 1 metode om van hom ontslae te raak as mens net kon ne

Dee ·

So jy dog Zim is belangrik? Hulle maak skaars ‘n merkie op die wêreldkaart!

Fourie ·

UITSTEKEND!! Mr Bob dink mos Hys n god en ontasbaar. Hys n Opperste rassis en moet hy ook vir menseregte skendings aangekla word!!!

Eduard ·

Gaan kyk na die huis op googlemaps dis nogal mooi hulle behoort a paar rand te kry . Maak net seker julle die adres is nie Salisburgweg nie maar Salisbury Ek sal dym vashou hoop d verkoop gaanaan en behaal a goeie prys .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.