Veldbrand in natuurreservaat eis ses

Die Suikerbosrand-natuurreservaat. Foto: Via Wikipedia

Die Suikerbosrand-natuurreservaat. Foto: Via Wikipedia

Ses mense is weens brandwonde dood nadat ʼn veldbrand vroeër vandeesweek in die Suikerbosrand-natuurreservaat buite Heidelberg in Gauteng uitgebreek het.

Die provinsiale departement van landbou en landelike ontwikkeling het Donderdag in ʼn verklaring gesê die brand het Maandag in die reservaat uitgebreek en ʼn groep mense, wat gras gesny en versamel het, vasgekeer.

“Brandbestryders van die reservaat en omliggende gebiede is ontbied toe die brand uitgebreek het. Die brand het weens sterk winde vinnig na die noordelike gedeelte van die reservaat versprei, waar die groep gras gesny het,” het die departement gesê.

Toe brandbestryders na die punt van die brand toe haas, het hulle besef van die mense word deur die vlamme vasgekeer. Reddingspanne is ontbied. Een mens is tydens die brand dood. Die res is gered en na ʼn hospitaal geneem, waar vyf mense sedertdien aan hul beserings beswyk het.

Lebogang Maile, LUR van landbou en landelike ontwikkeling, het sy innige meegevoel met die oorledenes se vriende en familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ekwilibrium ·

Dit is uiters tragies, veral aangesien dit aan diens gevalle is.

Christien ·

Siestog. Jammerlike tragedie. Jammer vir die families van die slagoffers.

CHRISTA ·

Ek hoop hulle sal in die koms voorbrandstroke in die laat herfs/vroeë winter om die natuurreservaat aanbring. DIT sal ‘n groot afweermiddel vir brande tydens die hoë/laat winter voorkom! Ons het dit vir jarre en jarre op plase gedoen! Hoekom weet mense nie meer vandag daarvan nie?

Wat-ek-lees ·

Christa, ek verbeel my daar is ‘n wet wat ‘n verpligting plaas om die weghol van veldbrande te verhoed? Kan iemand help asb.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.