Veldbrand woed by Rhodes-gedenkteken

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Groot veldbrand woed aan die voet van Tafelberg bokant die Rhodes-gedenkteken.

Theo Layne, woordvoerder van die Kaapse brand-en-reddingsdienste, het gesê vyf voertuie en sowat 21 personeellede is na die toneel ontbied. Daar is ook bykomende hulpbronne van die Tafelberg Nasionale Park ontbied.

Volgens Layne is daar geen onmiddellike gevaar vir eiendomme in die omgewing nie hoewel brandbestryders laatoggend nog gepoog het om die brand onder beheer te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swanna ·

Gelukkig kan klip nie brand nie. Maar soos jy sê Peet dit is ‘n oefenlopie om te sien wat is die reaksie wat dit uitlok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.