Veldbrande saai verwoesting in KZN

Een van die veldbrande wat langs die N11 gewoed het. Foto: ER24 / Twitter

Een van die veldbrande wat langs die N11 gewoed het. Foto: ER24 / Twitter

Weghol-veldbrande wat deur stormsterk winde aangehelp is, het die naweek minstens sewe lewens geëis en ʼn pad van verwoesting gesaai.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die provinsiale departement van koöperatiewe regering en tradisionele sake, het in ʼn verklaring gesê die wegholbrande het lewensverlies en beskadiging van eiendom tot gevolg gehad. Hy kon egter nie die hoeveelheid sterftes bevestig nie.

“Dit kan nog nie bevestig word nie. Stappe word geneem om die persone se naasbestaandes in kennis te stel. Die departement gaan die gebied besoek en ʼn voorlopige ondersoek doen,” het Mabaso gesê.

Die SAUK het berig dat die dodetal tans op sewe staan. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.