Veldfietser van berg gered

ʼn Veldfietsryer is Woensdagmiddag van ʼn berg in die Kaapse Wynland gered. (Foto: Netcare 911)

ʼn Veldfietsryer is Woensdagmiddag van ʼn berg in die Kaapse Wynland gered nadat hy ʼn mediese noodtoestand ontwikkel het.

Die fietsryer het glo sonsteek opgedoen en van borspyne gekla.

ʼn Medefietsryer het hulp ontbied waarna noodvoertuie na die toneel gestuur is.

“Nooddienspersoneel moes langer as ʼn uur in die bloedige hitte stap om die fietsryer te bereik.

“Hy is op die toneel behandel en van gevorderde lewensondersteuning voorsien. Aangesien die terrein nie toeganklik is vir ʼn ambulans of reaksievoertuig nie, is die pasiënt met lugvervoer na ʼn ambulans gehaas,” sê Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911.

Die man is van daar af na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling vervoer.

ʼn Veldfietsryer is Woensdagmiddag van ʼn berg in die Kaapse Wynland gered. (Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

As jy sulke aktiwiteite moet jy heelwat water en pvm proteiën stafies by jou hê om energie vlakke te onderhou.

tweeling ·

MM is daar nie beter woord as fietser nie, en die wynland is groot ek is seker julle kon uitvind waar in die wynland dit gebeur het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.