Veldgids geskors ná wildtuin-voorval

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

SANParke het bevestig dat die veldgids wat afgeneem is waar hy ʼn ietermagô skop, geskors is.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het gesê die veldgids het ʼn vastetermyn-kontrak met die wildtuin en is by die Punda Maria-kamp gestasioneer.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video is op YouTube gelaai wat wys hoe ʼn man uit ʼn voertuig klim en ʼn ietermagô skop. Jason Janse van Vuuren het die video op YouTube gelaai en gesê die voorval het tydens ʼn nagwildrit in Punda Maria in die Krugerwildtuin plaasgevind.

Volgens Mabasa het voorval Sondagaand plaasgevind. “Ons gidspersoneel se rol is om die natuur te interpreteer vir gaste wat aan aktiwiteite in die park deelneem en ons is bekommerd oor die gedrag van die gids soos op die video gesien kan word.”

Mabasa het gesê die gids is geskors terwyl ʼn ondersoek gedoen word en daar op dissiplinêre stappe besluit word. “Die publiek sal op die hoogte gehou word oor die verloop van die saak.”

Sosialemedia-gebruikers het woedend op die video gereageer en geëis dat die veldgids afgedank word.

https://youtu.be/8yzWtDJM9FQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

sue-ann ·

Wat is daar om te ondersoek???? Daar is die bewyse lewensgroot op die video. Hier gaan niks van kom nie. Geskors met betaling……

Tiger ·

Skorsing met betaling?Ag dis lekker nou sit hy by die huis met vol pay!Hy moes sumier ge-fire gewees het!

Zanie ·

Ek sukkel vreeslik om al die berigte van kinder- en dieremishandeling te verwerk. Al die gruwelike details van dooie kindertjies, en kinders en diere wat ly. Die lyding van die weerloses doen my gemoed nie goed nie. My geloof wankel. Ek sit met hierdie pyn in my bors, soos ‘n oop wond, en ‘n klip in my keel sodat ek nie kan asemhaal nie en sukkel om te sluk. Elke berig waarin ‘n kind of dier ly is soos die tyding van ‘n geliefde se dood. Dit dompel my onverwags in die diepste rou terwyl die lewe om my net gewoonweg aangaan. Ek kan nie meer nuus lees nie. Ek wil nie meer sien of weet of hoor daarvan nie, want ek begin twyfel of die lewe die moeite werd is. Hierdie tragiese wêreld, die bose mensdom raak te veel vir my.

gatiep ·

Zanie moenie moed opgee nie jy sal sien iets groot gaan gebeur in wereld wat die lewe weer beter gaan maak evil kan nie vir altyd in beheer wees. Die duiwel se einde is naby moenie dat hy jou bevrees maak nie dis wat hy wil he. Geld en leuns is ook tools van die duiwel.

Rene ·

Zanie Gelukkig is daar steeds baie meer goeie mense wat opstaan teen mishandling van kinders en diere. Sterkte

Nicolette ·

Skors is nie genoeg nie……….skop hom tot hy le en dank hom af…..hy verdien nie net n skorsing nie

anne ·

Stem staam. Geen dier behoort geskop te word nie. Hy verdien ‘n behoorlike straf .

Shaun ·

Mense laat ons nie ook wetteloos raak nie . Skorsing MOET teen betaling wees volgens wet . Daar moet n departementele verhoor wees . Die ” Audi Alterem Partem ” reel moet eerbiedig word . Anders gaan hy KVBA ( CCMA ) toe en kry weer geld omdat die prosedure nie gevopg is nie . Sodoende word hy beloon weereens vir sy gedrag

Dedré ·

Ag leke man. Daar skop hom homself oneri alie. Min mense kry dit reg om hulself letterlik uit hul werk uit te skop!!! Skop voort man want jy kani teen die prikkels skop nie want daar is video evidence!!!

Snuffels ·

Baie dankie vir die terugvoer oor bogenoemde artikel. Mense soos die veldwagter moet nie met diere werk nie. Ek wonder net hoeveel diertjies het hy al met sy barbarse optrede seer gemaak. Ek vertrou dat die reg sy gang sal gaan, en die man sy werk sal verloor as gevolg van sy brutale aanval. Die bewyse op die video kan hy nie ontken nie.

Denise ·

Ek wil weet hoekom het hy die ietermago geskop wat het hy probeer bewys dit is so sinloos dit is n onskuldige dier en jy en die gaste is nou in sy plek onthou dit asseblief!!!!

Janie Nel ·

Hulle het darem maar net nie genade vir enige dier nie, dit help nou net nie! Hy kon die arme ding bloot net optel het of beter nog, net gelos het. Seker maar bang vir die tokkelossie.

E.K. ·

Goed so. Daar moet egter ook aan die fotograaf gevra word waarom het hy dit slegs afgeneem en nie probeer het om tussenbeide te tree nie.

gatiep ·

Hoop nou nie n luiperd vang nou daai magog nie want hulle sal seker dan gedwing wees om dan die luiperd uit te sit.

Karma ·

@gatiep – jou kommentaar (en skuilnaam) verraai jou opvoeding en intelligensie. Dit gaan nie oor die ietermagô (dis die regte spelling) as sulks nie, maar die barbaarse handeling van ‘n persoon wat veronderstel is om die diereryk aan die toeriste uit te wys en nie te mishandel nie. @Shaun, dankie dat jy vir ons die wetlike prosedure rondom skorsing met betaling uitgewys het.

gatiep ·

Karma moenie my ouers probeer sleg maak omdat ek anders voel as jy nie ek het n baie goeie opvoeding gekry dankie en ek ook nie so dom soos ek meskien klink nie.Julle loop met soveel haat rond in julle harte dat julle met alles iets verkeerd sien.
Daai skop was glad nie so erg nie julle mense raak belaglik.(Ek is ook n diere liefhebber)
Hoekom kla julle nie oor die diere soos hoenders wat regtig n vreeslike lewe het en nie eens meer kan loop voor hy op jou tafel beland nie.Of is n hoender nie n dier nie.

Gert ·

Sue -ann jy hoef jou nie dood te bekommer omdat die ou geskors is met full pay nie. Hulle kry so min dit sal seker nie n verskil maak nie. Julle sensasie soekkers kan nou maar onspan want die ou gaan nooit weer werk kry by parke raad nie. Trek nou maar skoon broekke aan en gaan aan met die lewe.

Piet Pompies ·

Deel van die Veldgids se inkomste is die fooi wat hy kry vir die veldrit van die besoekers af, hoe meer aksie, hoe groter die fooi. Dit is hoekom die swak opgeleide Veldgids fokus op inkomste eerder as bewaring.

My mening ·

So vêr ek weet is ‘n ietermagô ‘n bedreigde spesie. En jy is werklik gelukkig om een van die skaam diere te siene te kry. Hy moet nie net afgedank word nie hy moet ‘n helse boete ook kry. Soos as jy ‘n luiperd skiet word jou voertuig afgevat en jy kry R100 000 boete. Hy verdien ook ‘n boete!!!

ruan ·

Dis krimineels!!! Absoluut afskuwelik!!!
Mag en die veldwagter op ‘n nagtelike uitstappie neem???
Hy sal dit NOOIT vergeet nie!!!
Dank hom af sonder enige vergoeding of pension!

Nora ·

Skop ‘n pragdier wat homself nie kan verdedig nie! Hoekom gaan skop die veldgids nie ‘n leeu of ‘n slang nie. Dan sal ons sien hoe spring die mannetjie. Lafaard wat hy is. Bly dit by skop of pleeg hy dalkies nog erger misdade teen diere. Is dit die eerste keer dat hy aan’t skop gaan of is dit al ‘n gewoonte? Hy is nie die naam veldgids werd nie. ‘n Vastetermyn-kontrak met ‘n skoppende veldgids? Hoe deeglik word veldgidse gekeur, of word veldgidse in diens geneem sonder om ondersoek te doen na hul persoonlikheidseienskappe. Gaan die skopper van SANParke se Punda Maria-kamp net na ‘n ander afdeling verplaas word? Opgevoede mense respekteer diere en keur nie sulke laakbare en walglike gedrag goed nie. Hy moet summier ontslaan word sonder die gebruiklike waarskuwings. Laat hy vir hom ‘n ander werk gaan soek. Maar eers moet hy ‘n paar goeie skoppe van sy mede-gidse kry om te wys dat hulle (hopelik) nie sy gedrag goedkeur nie.

Emile ·

Groot bohaai oor niks. Dis nie asof die veldwagter die ietermago geskop het soos Naas Botha n bal skop nie; eerder met sy voet rondgestoot. Veel minder as wat ‘n ietermago gereeld deur ‘n leeu of ander roofdier in die veld ervaar. Die veldwagter se intensie was nie kwaadwillig nie. Hy het baie ywerig aan toeriste demonstreer hoe die ietermago homself verdedig. Dis al. Ek hoop hy kry slegs ‘n waarskuwing. Die felle veroordeling van die veldwagter in hierdie kommentare is betreurenswaardig. Minstens beoefen hy ‘n eerbare en wettige werk en stroop nie renosters nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.