Veldren-entoesias gedurende rooftog doodgeskiet

Jannie Stander. Foto: Facebook

Jannie Stander. Foto: Facebook

ʼn Bekende in veldren-kringe in Krugersdorp is Saterdagaand gedurende ʼn gewapende rooftog in sy huis doodgeskiet.

Sers. Tshepiso Mashale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê vier gewapende rowers het omstreeks 21:45 ʼn huis in Muldersdrift binnegekom waar ʼn man (47) en sy vrou (32) in die woonkamer gesit het.

“Toe die man hulle sien, het hy opgespring en is in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood,” het Mashale gesê. Die rowers het op die vlug geslaan met die vrou se trouring, selfone, ʼn skootrekenaar en ʼn onbekende bedrag kontant. Die vrou is ongedeerd.

Krugersdorp Voice het die man intussen as Jannie Stander, eienaar van die Syringa MX Park in Muldersdrift, geïdentifiseer.

Terra Topia Dirt Bike-klub het op hul Facebook-blad hul medelye aan Stander se familie en vriende betuig en gesê sy dood is ʼn enorme verlies vir veldrenne in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Karen ·

En dan mag mens net polities korrekte kommentaar lewer!
Daar is niks meer om te se nie…maar WAT gaan ons doen ?

Chris W ·

Karen daar is net een ding wat ons kan en moet doen: op ons kniee gaan en ernstig begin bid vir uitkoms soos nog nooit te vore nie.GEEN politieke party gaan ons uit die’ gemors kry waarin ons blankes nou is nie.Maar ons Almagitge Vader kan!Verder moet ons eenvoudig net MEER paraat wees,maw GEWAPEN loop 24/7.Ons doen dit gruime tyd al.Sterkte!

Trolle ·

Wie maak die polities korrekte wette Karen?ek sal graag dit wil weet.
Die lyk my die plaasmoorde is sommer net om dood te maak en die guns te vat,en die die stede is om dood te maak en te roof.Nerens is veilig nie moet maar gaan werk soek op Oranja hoor daar is nie moorde al pay ek ook net genoeg vir kos daar.

Dee ·

Jy sal nie verstaan nie, Avril. Die nasionaliste van destyds kan probeer om aan jou te verduidelik.

Berhalet Beukes ·

Here… Bring hierdie regering vlugtig tot sy knieë! Amen.

Charlotte ·

Ek is SO SO jammer vir die gesin wat deur hierdie seer moet gaan….mag geregtigheid geskied in hierdie SIEK land…

Michael ·

Ek wens ons kan meer nuus lees soos in die afgelope paar weke van Parys……skurke val mense in hul huise aan en word doodgeslaan of kry ‘n pakslae

Flippie ·

Ek kry naasbestaandes jammer ek hoop dat grenade en tyd die seer sal verdoof.

Ek wil aan die wat die berigte lees net sê: “Staal julle self. Dit is die lot van alle blanke Suid Afrikaners as ons nie gaan opstaan en iets daadwerkliks hieraan gaan doen nie. Dit wil voorkom of die regering hierdie babariteit toelaat om die een of ander doelwit te bereid. En die doelwit is in die liedjie wat die president so graag sing :’Ons die kabinet sal die boere slaan sodat hulle bang sa word en weg hsrdloop.

Gaan ons toelaat dat die huidige regering ons so gaan mishanfel dat ons maar uit die land sal padgee. Die keuse is June.

Henri ·

Jammer om te sien jy glo wat jy gehoor het, die ander “lied” wat jy kan luister op die parys storie is die werklike bedoeling, nie almal kan bekostig om te emigreer nie , word wakker, ruik die mis wat die rose laat groei. Stem DA en hoop dit behaal die nodige syfers in stukkies van die land. Gaan kyk hoe lyk dinge in WP.

Sus ·

Henri jy het seker lanklaas nuus gekyk of koerant gelees. Die nuwe DA leier is op dieselfde pad as die ANC. Hy raak nogals vinniger as ek gedink het van al die blankes in die DA ontslae. Die DA is ook uitgesproke oor grondhervorming. Ek stem saam, Kaapstad word goed bestuur maar dis agv individue en nie die party nie. As ek my politieke stuiwer in hierdie armbeurs kan gooi: stem Front Nasionaal of emmigreer.

Elfie ·

Ek gee nie om WIE die land regeer of WIE aan hoof van ‘n sekere party is nie, solank dit dinge regruk in die land en daar het die DA alreeds bewys hul kan die ding doen ind ie Wes Kaap. Om vir allerhande klein partye te stem wat uiteindelik geen werklike sê gaan hê help niks, dink tog asseblief. Die heel belangrikste is egter om wel te gaan stem en enige ander aprty as die regerende een, want dan is dit ‘ns tem teen hulle. In elk geval gaan die berig oor iemand wat vermoor is en laat ons tog nou nie hier stry oor wie watter party hoe en waar regeer nie; meegevoel aan die families en mag hul aanvaarding vind – dis beslis ‘n moeilike pad maar ek hoop die gemeenskap staan hul by en met krag van Bo, dat hul daardeur sal kom.

Gavin ·

Jannie mag jou siel in Vrede rus.
My mee gevoel met sy vrou en familie, julle is in my gebede en gedagtes.
Mag die lafharde vinnig in hegtenis geneem word, en ek twyfel of geregtigheid sal geskiet, want daar is nie so ding ons die land nie

Manie ·

Vir solank as wat die doodatraf afgestel is. Vir solank gaan die moorde aangaan. Stem om die doodstraf terug te bring. Dan en dan alleen gaan die dade ophou. Dit maak nie saak wie die regering is nie. Die dodstraf sal die werk doen. Klaar gelag.

Johann Marx ·

Manie, jy kan nie stem vir die doodstraf om terug te kom nie, en geen referendum daaroor sal toegelaat word deur die regerende party nie. Hulle is gekant teen die doodstraf en maak stellings soos: 1. Hoe wys jy vir die populasie dis verkeerd om mense dood te maak, en dan maak jy ‘n oortreder dood? 2. Wie is ons om te besluit dat ‘n individu se gedrag so onaanvaarbaar is dat dit hom sy lewe kos? 3. Deur ‘n misdadiger te hang ontneem ons die naasbestaandes van die slagoffer hulle geleentheid om vergifnis uit te leef as deel van hulle godsdiens oortuigings. 4. Die regsproses is nie volmaak nie, en foute sluip in wat beteken ‘n onskuldige persoon mag dalk gehang word. Die populasie van Suid Afrika staan GEEN kans om die doodstraf in SA terug te kry nie, en jy sou dit ook nie wil terug sien as jy besef dat die regering, wat op sovele vlakke faal, hierdie straf sal moet toepas. Daar is egter ‘n manier om AL hulle argumente te omseil, die regering uit die proses te hou, en die konstitusie nog meer progressief maak as wat dit alreeds is: Ons konstitusie bevat baie “regte”. Elke “reg” word gebalanseer met ‘n “verpligting” vir die individu wat dit wil op-eis. Kom ek verduidelik. Ek en jy het die reg tot skoon drinkwater. Die “verpligting” wat op ons rus is om spaarsamig te werk met gesaniteerde water, ons grondwater en damme en riviere skoon en onbesoedel te hou….dan kan ons die “reg tot skoon drinkwater” op-eis. Ek en jy het die reg tot goeie onderrig en opvoeding. Die “verpligting” is om op te staan, jou skoolklere aan te trek, klas by te woon, huiswerk te doen, toets te skryf en eksamen te slag….dan kan ons die “reg tot goeie onderrig en opleiding” op-eis. Al die “regte” in ons konstitusie is so gebalanseer, behalwe die “reg tot lewe”. Daar is GEEN verpligting op enige iemand voor hy of sy die “reg tot lewe” kan op-eis nie. Dit behoort gebalanseer te word met die “reg om NIE te lewe NIE”. Om die uitgangspunte oor ge-assisteerde selfdood uit hierdie konstitusie te hou, behoort daar dan NET VIER voorwaardes gegee te word voor ‘n individu kwalifiseer om die “reg om NIE te lewe NIE” op te eis. Daardie voorwaardes is: 1. Vervaardiging en verspeiding van dwelms. 2. Verkragting van ‘n kind. 3. Beplanning en uitvoering van ‘n gewapende aksie, en 4. Iemand se lewe te neem. Hierdie “reg om te lewe” en “reg om NIE te lewe NIE” is vir ELKE mens in die land beskikbaar, en jy kan vir die res van ons wys wat jy kies deur jou dade teenoor die gemeenskap. As jy jouself skuldig maak aan enige van die vier genoemde punte, behoort dit ‘n duidelik teken te wees vir die konstitusie dat jy as ‘n individu die “reg om NIE te lewe NIE” verkies, en moet ons jou keuse respekteer en jou help om dit vir jou ‘n realiteit te maak. Kom ons raak prakties en toets wat ek hier sê, ook na aanleiding van die regering se besware oor die her-instelling van die doodstraf: Ek vat ‘n mes en steek vir Manie morsdood. Ek word gearresteer. Die polisie het dus ‘n slagoffer, ‘n wapen, ‘n verdagte, ooggetuies, en ‘n motief. Ek word voor ‘n hof gebring, en skuldig bevind aan moord. Die oomblik wat dit gebeur word hierdie ‘n konstitusionele hofsaak, waar nege regters die saak met ‘n fyn kam deurgaan. As hulle ENIGE fout kry, dan is die enigste vonnis opsie vir my tronkstraf. (Dus kan ek nie “per ongeluk” tereggestel word omdat die regstelsel vol gate is nie). Indien hulle GEEN fout kry nie, dan erken hulle my keuse vir die “reg om NIE te lewe NIE”….en kry ek NOG VYF demokratiese keuses, nl. Galg, Elektriese stoel, Vuurpeleton, Gaskamer of Inspuiting. Ek maak ‘n keuse, en ‘n sub-kontrakteur wat daarvoor kwalifiseer help my om my keuse tot uitvoer te bring. Die koste hiervan is vir my boedel, want dis onregverdig dat my lewenskeuses se uitgawes op die belastingbetaler afgedwing word. Maar wag……wat van Manie se naasbestaandes se geloofskeuses wat totale vergifnis behels? Net voordat ek weggeneem word om die uitkoms van my keuses te laat realiseer, mag Manie se naasbestaandes die konstitusionele hof nader, en versoek dat ek begenadig word, dat hulle my vergewe en dat ek liewer tronk toe moet gaan. Daar is egter net een klein puntjie hier wat hulle in ag moet neem voordat hulle daardie besluit maak. As hulle so ‘n versoek rig, moet hulle ook die R3 500,00 per maand voorsien wat dit kos om my in die tronk te hou, want dis ook nie regverdig dat HULLE keuses op die belastingbetaler afgedwing word nie. Goed, nou bly daar nog een “beswaar” oor. Hoe wys ons vir die populasie dis verkeerd om iemand dood te maak, deur ‘n misdadiger te vat en hom dood te maak? Dis nie wat ons die populasie wys nie. Wat ons die populasie wys is dat mense keuses maak, en dat die gevolge van jou keuses die realiteit is waarmee jy moet saamleef. Niemand veroordeel jou nie, niemand straf jou dood nie……….jy het die keuse self gemaak om aan een van SLEGS vier voorwaardes te voldoen om vir die res van ons te wys dat jy die “reg om NIE te lewe NIE” verkies, en ons respekteer jou demokratiese keuses in hierdie verband, en sal jou selfs help om die uitkoms van jou keuse ‘n realiteit te maak, in die gees van ‘n “ware demokrasie”. As jy die “reg tot lewe” wil kies, leef dan soos die meeste van ons. As jy die “reg om NIE te lewe NIE” verkies, voldoen dan aan die een van VIER voorwaardes, en dan is jy verantwoordelik vir jou eie toekoms. Hoekom is hierdie land se konstitusionele reuse nie besig om hierdie voorstel te ondersoek nie? As die meerderheid Suid Afrikaners vir so ‘n konstitusie stem, en laat instel, sal daar ander lande ter wêreld wees wat ons voorbeeld volg en hulle konstitusies ook so verander. Die doodstraf was nooit bedoel as ‘n afskrik middel nie, slegs as ‘n manier om die populasie te purgeer van individue wie se gedrag teenoor hulle medemens so onaanvaarbaar is dat ons hulle nie tussen ons wil hê nie. Ek sê maar net….

Liewe heksie ·

Die doodstraf is vir n reds afgestel want dan gaan die anc the min stemme hê vuilgoed

Sus ·

Henri ek wil nou nie jou bubble bars nie maar as jy dink die DA onder leiding van Mmusi Miamani is dieselfde DA as toe Helen Zille die septer geswaai het, maak jy ‘n fout. Hy raak nogals vinnig van die blanke DA lede ontslae né. En sy grondhervorming verskil bitter min van dié van die ANC. As ek my politieke stuiwer kan ingooi: stem Front Nasionaal en werk saam na onafhanklikheid.

Jonathan ·

Hoe gaan die verskilinde groepe die mense van S A SAAMSTAAN OM MISDAAD TE VERLAAG dit is die probleem Hang die blaam voor elke ander deur gee dit oplossings nee dit gee jou skuiling My vraag bly steeds hoe kan ons saam misdaad bekamp ONS WOON SAAM IN HIERDIE LAND

anita ·

GELOOF is nie n versekeringspolis teen siekte, misdaad, werkloosheid en tsoenamis nie..DIS
ook nie n kitsantwoordmasjien op al die waaroms van die lewe nie..ons as christene het nie n antwoord gereed vir elke krisis nie..ons weet nie rerig waarom slegte dinge gebeur nie..TOG
mag dit ons nooit van die durf en geestelike daadkrag BEROOF om te bly BID en GLO NIE..
(stephan joubert)WAAR is ons geloof! BID! Mense soos nog nooit! voor dit te laat is!

Johann Marx ·

Anita? Ek verstaan nie. Bid is nie ‘n versekeringspolis nie, dis nie kitsoplossing nie, dit verskaf nie antwoorde of oplossings nie, WAAROM STEL JY DAN VOOR DAT ONS BID? Moet ons nie liewer ophou bid, en ons God-gegewe nugtere denke, intelligensie en inisiatiewe aan die dag begin lê om dit wat ons openlik sien verkeerd is, reg te stel nie?

Dan ·

Hulle se gewapende roof? Kan dit nie wees dat hulle hul net self gehelp het aan sy goed nadat hulle in elkgeval gekom het om hom dood te maak. hulle het dalk nie gekom om te roof nie.

Theresa B ·

Kyk nou net. Jy sit rustig in jou eie huis en daar is jy en jou mense nie eers meer veilig nie. En jy mag nie sê hoe jy daaroor voel nie. Weereens ‘n plaasmoord. Elke dag lees jy daarvan. Elke dag hoor jy van iemand. En jy mag nie sê hoe jy voel nie.
Dit word net erger en erger. ‘n Mens se lewe is minder as niks werd nie. En jy mag nie sê hoe jy voel nie.

nig ·

Mike, wat probeer jy nou weer sê? Ai regtigwaar… jy moet DINK ou voor jy skryf. As jy enigiets vermoed beter jy die polisie in kennis stel, anders bly stil en los mense uit, jy kan in die moeilikheid kom met sulke snert.

Nico Coetzee ·

Die opskrif van hierdie berig moes wees “Wedren-entoesias tydens ‘n rasistiese rooftog doodgeskiet”. Ek hoop dat soortgelyke berigte in die toekoms so deur Maroela gepubliseer en aan die groot klok gehang sal word.

Klaas

Mike ·

Ai ou Nig hoekom so gou op jou perdtjie,wil maar net se sy is gelukkig,want orals kry almal seer met so iets ??????

nig ·

Mike probeer om mooi te lees presies WAT en hoe jy geskryf het. Wat is “snaaks” vir jou aan die feit dat sy nie beseer is nie? Nou probeer jy maak asof jy dit nie snaaks gestel het nie. Jy hoef nie hordes vraagtekens te gebruik nie.

Alta ·

Maroela Media publiseer slegs of meestal misdaad gevalle soos roof en moord waar die slagoffers wit is. Ek sien nie dat enige artikel geskryf word oor die groot aantal swart mense wat daagliks in hul huise, in hul eie woonbuurtes,aangeval, verkrag of vermoor word deur ander swart mense nie. Ongelukkig is my werk van so aard dat ek daagliks te doen kry met misdaad, veral in die swart woongebiede, en daarom wil ek vir almal wat misdaad ‘n rasse ding maak vertel, die swart mense word meer as die blankes geteiken. Misdaad teenoor blankes is nie noodwendig ‘n rasse ding nie maar in baie/meeste gevalle ‘n opportunistiese daad en is die motief nie noodwendig ras georienteerd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.