Veldtog om hulpbehoewende wit huishoudings te help

Argieffoto

Argieffoto

Die niewinsgewende organisasie, Solidariteit Helpende Hand, het ’n veldtog van stapel gestuur om R2 miljoen vir arm wit huishoudings wat deur statistiek oorgesien word in te samel.

As deel van die veldtog sal Helpende Hand se verskeie vorme van hulp aan behoeftige Afrikaners aansienlik uitgebrei word om te help om hul armoede te verlig en moontlik te verbreek.

Helpende Hand veroordeel ten sterkste die statistikus-generaal, Pali Lehohla, se uitspraak dat daar landswyd te min armoede in wit huishoudings is om dit by statistieke oor hulpbehoewende huishoudings in te reken.

“Om wit armoede op hierdie manier oor die hoof te sien omdat daar geen statistieke oor wit armoede beskikbaar is nie, dui bloot op die staat se onwilligheid om wit armoede te erken en aandag daaraan te gee,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.

“Geen statistieke beteken beslis nie geen armoede nie. Helpende Hand help jaarliks derduisende armes, van babas tot bejaardes, en verlig, verbreek en voorkom armoede in gemeenskappe dwarsoor die land. Ons het ook oor die afgelope twee jaar ongeveer 2 300 ton kos, klere en goedere deur ons landswye skenkingskantore versprei.”

Brink verduidelik dat wit armoedesyfers weens ’n wye verskeidenheid faktore baie moeilik is om te bepaal. Tans is geen betroubare en omvattende navorsing oor wit armoede beskikbaar nie. Boonop is arm wit huisgesinne dikwels nie gebind tot gevestigde informele nedersettings nie, maar bly dikwels in houthuisies agter in erwe, in karavaanparke, verlate woonstelblokke of by familie of vriende, wat dit byna onmoontlik maak om hierdie mense te tel. Soms lei arm huisgesinne ook ’n nomadiese bestaan omdat hulle agter die moontlikheid van werk of hulp aantrek.

“Ons sal nie toelaat dat wit armes oor die hoof gesien word bloot omdat geen statistieke beskikbaar is nie,” sê Brink. “Helpende Hand sien wel hierdie mense raak.”

Vir meer inligting oor die veldtog, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Witborskraai ·

Dit sal regtig so goed wees mense en instellings in die land onverdeeld optree wat ras betref, veral as dit kom by goed soos armoede . Daar is net armoede , nie wit of swart armoede nie. Armoede breek gees .

Ek dink swart hanteer armoed beter . Hulle sien om na mekaar . Wit sukkel om na mekaar uit te reik.

Ek gun werklik die mense die hulp wat hulle ontvang , ek is genadiglik nie daar nie . Honger is sekerlik die mees gees vernietigendste omgewing om in te wees. Ons moet net onthou , wit is n klein minderheid en ons gesindheid gaan ons toekoms bepaal , Om op grond van ras selektief op te tree wie gehelp moet word en wie nie , stuur die boodskap van verdeeldheid uit. Dis soos daar staan 5 honger mense voor jou , 4 is swart . Jy gee net vir die wit ou.

VerVanRyn ·

Kraai, lees jy net die gedeelte wat jy wil lees? As die regering nie die wit armes erken nie dink jy die regering maak enigsins voorsiening vir hulle? Wanneer iets in die oë van ‘n mens nie bestaan nie kry dit nie aandag nie, ongeag of dit werklik bestaan. Die arm wit mense moet iewers hulp kry en dit gaan nie vanaf die regering kom nie. Diskriminasie op grond van ras is klaar in werking en dit is nie deur wit mense in gestel nie en word ook nie deur ons uitgevoer nie. Inteendeel dit is deur die swart ANC regering in gestel, hulle sien net om na die swart armes deur net die swart mense as arm te erken. Hierdie inisiatief van Helpende Hande poog om hierdie diskriminasie reg te stel.

Dis waar dat daar proporsioneel baie meer arm swart mense is en dat armoede armoede is ongeag van vel kleur. Maar daar is proporsioneel ook baie meer swart mense wat hulle eie mense kan help. Voor jy meen dat daar nie genoeg geld is onder swart mens om dit te doen nie doen eers bietjie navorsing. Die swart middelklas is die vinngiste groeiende groep tans in Suid-Afrika, mens moet ook nie vergeet van die rykdom onder die swart elite nie. Boonop word swart armoede erken deur die regering en geniet dus aandag vanaf die regering. Om dit te verwerp of ignoreer is moedswillig van aard. Die stelling dat swart mense beter omsien na mekaar is ongegrond, boonop getuig dit van ‘n negatiewe stereotipering van wit mense. Ek dink Helepende Hande se inisiatief om wit mense te help bewys juis dat ons goed omsien na ons eie mense. Ja die wit mens is ‘n klein minderheid, maar die swart meerderheid ingoreer ons en skryf ons af as die bose nasate van apartheid. Wie gaan vir ons omsien as ons dit nie self doen nie?

Om hierdie wit inisiatief as rassisties uit te kryt terwyl dit in werklikheid ‘n reaksie is op ‘n reeds bestaande rassistiese instelling is niks anders as ‘n verkleinering van die organiseerders van die inisiatief nie. Mag jy eendag besef dat jy net soveel jou eie mense kan verkleineer voor hulle jou verwerp. Inter-rasse samewerking is ideaal, maar die benadeling van jou eie ras vir hierdie doel is nie verantwoordelik nie.

L Eksteen ·

Mooi Leoni. Iemand dink darem .Lev_19:18 ” Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.”

Nerens het dit verander nie , ONS mense . Deur 280 of wat bladsye te lees van n Boek gaan ek min verstaan wat in die res van 800 of wat staan .Naaste , wat soos jy is ,

Bankbesonderhede ; Beter net vir my naaste wees

L Eksteen ·

Reken n bietjie .Deur n kledingstuk ,n brood of muntstuk te gee aan een wat nie jou naaste is nie , gee jy dit aan n plaasmoordenaar ,aan n verkragter ,n rower ,n inbreker,die wat jou kind se plek by die skool of universiteit inneem ,die een wat… gaan aan met die lys . Wie het al” kill the…. Maar ons “love eeverybody ” uit die hippy era credo maak ook dat ons dit nie uithou vir ons naaste nie

Dan ·

Hoekom maak Solidariteit of Afriforum nie nie ‘n saak teen Lehola se departement nie, as hulle die saak wen dan moet die Regering mos die nodige hulp verleen en hoef daar nie R2m ingesamel te word nie? Hierdie houding van die Statikus-Generaal is openlike diskriminasie teen blankes, heeltemal teenstrydig met die Grondwet se bepalings wat almal dan kwansuis “beskerm”.

Tokkie ·

Stem saam dat hulle aangekla word, maar intussen moet ons mense nog steeds eet ens.

veronica ·

My oortuiging is: gee eers vir die behoeftige blanke en as jy oor het, vir die nie-blanke. Hoekom? Omdat daar by verre meer gedoen word vir die swart behoeftiges en net so ‘n nagedagtetjie (indien enige!) aan die blanke! Hoeveel keer het jy al gehoor van blankes: wat motors kaap, transito rooftogte uitvoer, of huisbrake, en daarmee saam martel moorde op die inwoners pleeg? Ons blankes kry ook swaar, is ook honger, is ook werkloos, maar ons het nog integriteit en gewetes om nie hierdie gruwels te doen in die naam van “agtergeblewenes” “ek was honger” nie!

Dis ek "ja" ·

Iemand in Solidariteit Helpende hand lieg!! Verwys onlangse voorval met Klerksdorp Helpende hand. Verklaring, klagte en Solidariteit antwoord beskikbaar!!

Anita ·

Wat sal die bydrae wees van die vorige regering se lede die op goue handdrukke kon staatmaak en langs die see sit en geniet. Armoede onder die ander kleuriges en hedendaagse wit armmoede is deur die vorige regering geskep.
As daar in die tydperk van ons politiek’! huise gebou was vir vandag se dakloses sou ons vandag kon beweeg in ;n ander sfeer. Die blankes die nie goed akademies kon presteer het dikwels vroeg die skool verlaatt, en was geinkorporeer in die heel laer werke van dikwels in die Staatsdiens, veral die spoorwee.

Hierdie persone kon alleenlik werk onder toesig en kon nie op hulle eie funksioneer nie. Na 1994 was die oor- beskermende hand weg geneem van die Wit laerklasse. Dus geen werk meer nie, maar dikwels kan hulle werk kry maar dit word geag as net goed vir bruin en swart mense.

By elke stopstraat in die Strand en Somersetwes staan ‘n blanke , sommige jonk, oud, op krukke
hulle staan met ‘n karton….Enige werk asb/voedsel/kinders tuis/ en nog meer.

Ek stop en vra die man by die vierweg stop, Strand…Ek het ‘n kleintuin, ek kan u een keer per week hier oplaai en ook gelyktydig met ander persone in my woonbuurt praat of hulle ook van u dienste gebruik wil maak……………………wat was die antwoord?……………..EK DOEN GEEN TUINE NIE
dieselfde het ‘n jongvrou aan my gese….EK DOEN GEEN HUISWERK NIE….dus hulle voel steeds dat hierdie werke nie op die witvel van toepassing is nie…..ek gee NIKS meer nie’, en soos veel van my vriende/kennise het ons uitgeloop op die NGKERK, want indien hierdie God bewandeling predikante van hulle preekstoele preek en die Sondag kerksitters versoek om vrywillige dienste te lewer”:, Stel die vraag aan die Karton mense…waar is u gebore/familie/werk gedoen/kinders?
daar kan ‘n familie vereniging gebeur, of alternatiewelik verwyder die mense na die Heilsleer, maar neem hulle van die straat hoeke en b y die verkeersligte weg…..Ek sien NOOIT enige swarte man of vrou met ‘n karton staan nie.

Om armmoed bepaling te doen onder die lankes…kontak elke Predikant van erskillende kerk om ‘n lys op yte stel en na solidariteit deur te stuur. Helaas is dit ook nie moontlik nie, want geen kerk persoon loop meer huise af nie, selfs die maandelikse bydrae word per aftrek bevel gevorder.

God woon nie meer tussen ons blankes nie, en het self die kerke verlaat.
Tans verkeer ek in Nederland Provinsie Drenthe aan Duitse grens…blankes maak slote skoon, sny gras, spit om plante, verwyder vulles, vee strate….geen swarte is in sig nie.. Waarom kan iemand nie daarop aandring dat die Munisipaliteite ook blankes vir die verwydering van vullis in diens neem/of straat en omgewing skoonmakers? Kry ‘n kontrak van die Munisipaliteit en neem die mense in diens/ook skoonmaak dienste hotelle/ ens.

Maar dit wil die blankes nie want ons is ‘n lui selfsugtige nie saam- staan groepering.
Indien ‘n Afrikaans sprekende na vore tree om as leier oor te neem, moet DAAR NOU ‘N EIS INGESTEL WORD TEEN ENGELAND VIR DIE UITWISSING VAN ONS VROUE EN KINDERS,
ander lande het reeds vir hulle onregte geeis dus hierdie eis kan veel van ons kinders laat leer en voorsiening maak vir die swakkeres in ons gemeenskappe.

Weereens is die enigste oplossing ‘n Kebbutz…samel 2 miljoen in en stig ‘n kebbutz (Verwys na die projek Veenhuizen na die tweede wereld oorlog) want die kinders uit hierdie armmoedsgreep gaan verlore en moet nou gered word..

Tensy mense verwyder word van die straat hoeke, gee ek geen enkele bydrae nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.