Veldtog om hulpbehoewende wit huishoudings te help

Argieffoto

Argieffoto

Die niewinsgewende organisasie, Solidariteit Helpende Hand, het ’n veldtog van stapel gestuur om R2 miljoen vir arm wit huishoudings wat deur statistiek oorgesien word in te samel.

As deel van die veldtog sal Helpende Hand se verskeie vorme van hulp aan behoeftige Afrikaners aansienlik uitgebrei word om te help om hul armoede te verlig en moontlik te verbreek.

Helpende Hand veroordeel ten sterkste die statistikus-generaal, Pali Lehohla, se uitspraak dat daar landswyd te min armoede in wit huishoudings is om dit by statistieke oor hulpbehoewende huishoudings in te reken.

“Om wit armoede op hierdie manier oor die hoof te sien omdat daar geen statistieke oor wit armoede beskikbaar is nie, dui bloot op die staat se onwilligheid om wit armoede te erken en aandag daaraan te gee,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand.

“Geen statistieke beteken beslis nie geen armoede nie. Helpende Hand help jaarliks derduisende armes, van babas tot bejaardes, en verlig, verbreek en voorkom armoede in gemeenskappe dwarsoor die land. Ons het ook oor die afgelope twee jaar ongeveer 2 300 ton kos, klere en goedere deur ons landswye skenkingskantore versprei.”

Brink verduidelik dat wit armoedesyfers weens ’n wye verskeidenheid faktore baie moeilik is om te bepaal. Tans is geen betroubare en omvattende navorsing oor wit armoede beskikbaar nie. Boonop is arm wit huisgesinne dikwels nie gebind tot gevestigde informele nedersettings nie, maar bly dikwels in houthuisies agter in erwe, in karavaanparke, verlate woonstelblokke of by familie of vriende, wat dit byna onmoontlik maak om hierdie mense te tel. Soms lei arm huisgesinne ook ’n nomadiese bestaan omdat hulle agter die moontlikheid van werk of hulp aantrek.

“Ons sal nie toelaat dat wit armes oor die hoof gesien word bloot omdat geen statistieke beskikbaar is nie,” sê Brink. “Helpende Hand sien wel hierdie mense raak.”

Vir meer inligting oor die veldtog, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Witborskraai

Dit sal regtig so goed wees mense en instellings in die land onverdeeld optree wat ras betref, veral as dit kom by goed soos armoede . Daar is net armoede , nie wit of swart armoede nie. Armoede breek gees . Ek dink swart hanteer armoed beter . Hulle sien om na mekaar . Wit sukkel om na mekaar uit te reik. Ek gun werklik die mense die hulp wat hulle ontvang , ek is genadiglik nie daar nie . Honger is sekerlik die mees gees vernietigendste omgewing om in te wees. Ons moet net onthou , wit is n… Lees meer »

L Eksteen

Mooi Leoni. Iemand dink darem .Lev_19:18 ” Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.”

Nerens het dit verander nie , ONS mense . Deur 280 of wat bladsye te lees van n Boek gaan ek min verstaan wat in die res van 800 of wat staan .Naaste , wat soos jy is ,

Bankbesonderhede ; Beter net vir my naaste wees

Boesman

Pali Lehohla wat weet jy nou eintlik he?

Jasper

Hoor hoor !!!!

L Eksteen

Reken n bietjie .Deur n kledingstuk ,n brood of muntstuk te gee aan een wat nie jou naaste is nie , gee jy dit aan n plaasmoordenaar ,aan n verkragter ,n rower ,n inbreker,die wat jou kind se plek by die skool of universiteit inneem ,die een wat… gaan aan met die lys . Wie het al” kill the…. Maar ons “love eeverybody ” uit die hippy era credo maak ook dat ons dit nie uithou vir ons naaste nie