Veldtog oor plaasaanvalle en onteiening verskerp

AfriForum-paneel-oor-onteiening-en-plaasaanvalle

V.l.n.r. is Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapveiligheid, Alana Bailey, AfriForum se adjunk-uitvoerende hoof van internasionale skakeling, Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum en Ernst Roets, AfriForum se adjunk-uitvoerende hoof van kommunikasie. Die paneel het gesê AfriForum wil hulle veldtog om internasionale gemeenskappe in te lig van die bedreiging van onteiening sonder vergoeding en plaasaanvalle verskerp. Foto: Reint Dykema.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê die inligting wat hy tans aan internasionale gemeenskappe oor die bedreiging van grondonteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, is gegrond op feite.

AfriForum het Maandag ʼn mediakonferensie in Centurion, Pretoria, gehou in reaksie op Lindiwe Sisulu, die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement se bewerings verlede week dat die organisasie onnodig paniek in die internasionale gemeenskap saai en valse inligting versprei.

“Die Suid-Afrikaanse regering onderskat die internasionale gemeenskap se intelligensie deur voor te gee dat eiendomsreg in Suid-Afrika nie bedreig word nie,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Kriel het gesê dit is ʼn onbetwisbare feit dat die ANC tydens die party se nasionale konferensie in Desember grondonteiening sonder vergoeding as partybeleid aanvaar en besluit het dat die Suid-Afrikaanse Grondwet gewysig moet word om dit moontlik te maak.

“Pres. Cyril Ramaphosa het dit by verskeie geleenthede, waaronder ʼn besoek aan koning Goodwill Zwelithini, onderstreep dat die regering grond sonder vergoeding gaan onteien. Verder hou Ramaphosa se gebruik van die woorde ‘ons mense’ om te verwys na swart mense wat voordeel uit onteiening sal geniet ernstige implikasies in deurdat wit mense nie as deel van ‘ons mense’ beskou word nie.

“Vir Sisulu om nou gemoedere te probeer kalmeer deur aan te voer dat die Suid-Afrikaanse regering volgens die Grondwet sal optree, bied geen gerusstelling nie, aangesien die ANC dan juis die Grondwet wil wysig.

“Ook pres. Ramaphosa se gerusstelling dat onwettige grondgryping nie geduld sal word nie, bied min troos as in ag geneem word dat die regering bloot van plan is om die skending van eiendomsreg te wettig,” het Kriel gesê.

Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, het gesê plaasmoorde in Suid-Afrika het nou krisisafmetings aangeneem. “Volgens die jongste beskikbare polisiestatistieke is meer as 1 700 plaasmoorde en meer as 12 245 plaasaanvalle oor ʼn tydperk van 21 jaar gepleeg. Indien in ag geneem word dat daar vir drie van daardie jare geen syfers vir plaasaanvalle bestaan nie, kom dit neer op ʼn gemiddeld van 680 plaasaanvalle en 94 plaasmoorde per jaar. Dit is byna twee plaasaanvalle per dag en twee plaasmoorde per week oor ʼn tydperk van 18 jaar.”

Roets het gesê geweldsmisdaad onder alle gemeenskappe in Suid-Afrika is ʼn krisis, maar geweldsmisdade teen boere is proporsioneel aansienlik hoër. “Verskeie pogings is al aangewend om die moordkoers van Suid-Afrikaanse boere per 100 000 te bereken. Dit bes beskikbare berekenings dui daarop dat boere se kans om vermoor te word tussen drie en vier keer so hoog is as die gemiddelde Suid-Afrikaanse moordkoers, wat reeds een van die hoogste ter wêreld is.”

Verder het Roets bygevoeg dat dit onrusbarend is om te sien dat die marteling tydens plaasaanvalle toeneem, dít terwyl die polisie plaasmoorde sedert 2003 stelselmatig gedeprioritiseer het.

“In 2014 het die SA menseregtekommissie ʼn reeks aanbevelings uitgereik van stappe wat die SA regering kan doen om plaasmoorde stop te sit, waarvan die regering byna geen enkele aanbeveling uitgevoer het nie.

“Pogings om die plaasmoorde op die nasionale agenda te plaas word deur die regering as reklamefoefies afgelag terwyl die slagoffers wie se geliefdes op plase vermoor is, al selfs met geweld by die minister van polisie se kantoor uitgestamp is,” het Roets gesê.

Hy het bygevoeg die negatiewe stereotipering van wit boere, asook haatspraak waarin geweld teen wit boere verromantiseer word, word vanaf politieke platforms deur senior regeringsleiers gepleeg. “Ramaphosa, oudpres. Jacob Zuma en verskeie kabinetsministers het hulle al hieraan skuldig gemaak.”

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het aangedui dat die organisasie in die lig van die geweldsmisdaadkrisis besluit het om sy bestaande netwerk van 105 gemeenskapsveiligheidstrukture aansienlik te versterk en uit te brei om geweld en ander misdade te help bekamp.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof vir internasionale skakeling, sal die organisasie nou sy internasionale veldtog rakende die bedreiging wat onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde vir minderheidsgroepe in Suid-Afrika inhou, verskerp.

Die veldtog behels dat Suid-Afrikaners versoek word om hulle name te voeg by die versoekskrif wat AfriForum aan regerings en internasionale beleggers gaan stuur ter amptelike versoek om druk op die plaaslike regering te plaas om af te sien van planne om eiendomsreg te misken.

“Meer as 30 000 mense het reeds binne enkele dae hulle name by die versoekskrif gevoeg. Dié versoekskrif sal plaaslik aan die ambassades van Suid-Afrika se handelsvennote oorhandig word.

“Handelskamers en internasionale beleggers word ook gevra om druk op die SA regering toe te pas. Dit sluit ook in om die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, te besoek, sou dit nodig blyk te wees.”

Bailey het ook gesê die internasionale media sal deurlopend op die hoogte gehou word van verwikkelinge rakende plaasmoorde, eiendomsreg en ander brandpunte in Suid-Afrika. “AfriForum sal afgevaardigdes na onder meer Australië, Europa en die VSA stuur om regerings, media, meningsvormers, burgerlike organisasies asook internasionale instellings en beleggers in te lig van die situasie in die land.”

Benewens internasionale druk gaan AfriForum ook plaaslik ʼn voorlegging aan die parlementêre komitee maak wat aangewys is om die Grondwet te wysig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

christa ·

Goed gedoen Agri. Sisulu wil mos leuens vertel en die grondvergrype en plaasmoorde verdoessel. Laat die hele wereld weet wat in SA aangaan

Werner ·

Ek raak baie opgewonde oor die momentum wat internasionaal begin opbou. Dankie aan Afriforum se bydrae. Dit wil my voorkom of ek in my leeftyd TWEE keer die winde van verandering gaan waarneem…

Piet ·

Dagsê,
Twee vrae:
1. Waar is die petusie vir handtekeninge beskikbaar;
2. Kan enige persoon teken?
Groete en sterkte met die poging.

Eish ·

Moenie verslap nie ten spyte van die etiketering wat jul plaaslik toegedig word:
Regering wat jul van rassisme beskuldig.
Die Jelly faktor, wat alles wat jul doen kritiseer en vanweë jul ledetal, die organisasie as nie-verteenwoordigend uitkryt.
Verskerp die pogings, hou vol en bly by die feite.
Organiseer drukgroepe oorsee, bepleit sportsanksies en gebruik die media intensief.
Die hool is steeds gestraf met Apartheid, die spelers het net kante geruil met halftyd.
Tesame met die regering se blapse, onnadenlende uitsprake en veronagsaming van verdrae gesluit en die ewige verrote korrupsie wat so welig tier, gee die somtotaal hiervan al jul aksies nuwe dimensie en energie aangesien die Weste nie mamparras is nie.

Casper Labuschagne ·

Die probleem is dat so min mense na Ramaphosa se toespraak geluister het waar hy gesê het dat net 13% van die grond aan vroue behoort. Dra onmiddelik jou plaas oor aan jou vrou en raak ontslae van alle beeste en ander vee wat op jou plaas rondloop – gevolglik sal jou vrou se nuwe plaas skielik ‘n baie lae prioriteit word as teiken vir onteiening.

Bietjie bietjie ·

Voorspoed met julle werk .
Maak mense bewus !

Maar die enigste plan sal wees om self te regeer !
Die regering voel vir minderhede niks
Om druk van buite (sogenaamde buiteland ) te plaas maak dat almal die knyp gaan voel
Die self regering hoef nie net blank te wees
Maar daar moet sekere reëls wees ter beskerming van minderheids groepe .
Hulle wil nie luister nie en gee nie om dat boere vermoor word .
Dit gaan tog net oor self verryking.
Regeer jouself of loop of hoop op die internasionale hulp wat nie kom …

Silent Hunter ·

Ek glo nie ons kan staat maak op enige hulp nie… Sou daar hulp wees sou die wereld op getree het teen Zim, maar tot op hede het nie eers sanksies gewerk nie… Nog steeds kripeer Zim burgers en hier is dit ons voorland as ons nie daadwerklik opstaan en ons eindom, geliefdes en naaste teen die element begin beskerm nie. Myns insien die buite wereld is net n klomp groot bekke… Tyd dat hulle aksie en die nodige by hulle woorde voeg

Jerry ·

Een stukkie halwe waarheid of valsheid sal julle veldtog sink. Slegs onbewerkte grond sal onteien word sonder vergoeding, dit is tans die feit! Grondgrype is onwettig en sal nie geduld word nie is tans die 2 de feit!

What a joke! ·

Nog net 30 000 mense het hul name by die versoekskrif gevoeg?.Sekerlik is daar tog meer blankes in Suid Afrika of weet meer blankes net nie van dit nie? Of is dit weer n geval van dit sal nie n verskil maak nie ek stem en doen eerder moeite slegs as dit by die DA kom want hul is groter en kan n verskil maak? Wel as jy weet van Afriforum se moeite en jy doen niks moet jy maar eerder stil bly as jy as blanke in Suid Afrika ontneem word van jou alles!

ChristaT ·

Nie almal het toegang tot die Internet nie veral bejaardes. Dit is te duur.

Aanklagte ·

Ons regering en bydraende politici moet vir crimes against humanity aangekla word, die werels moet ingryp noudat die eerste tekens begin wys van wat die ANC beplan. Die wereld begin besef dit help nie om te laat in te tree soos in Sirie en Sudan nie, hulle moet voorkomend optree om ons lewens te red.

Silent Hunter ·

Daar word soveel duisende rande en ure spandeer om die renoster van n versekerde uit sterf te keer, hoekom word daardie mannekrag en fondse eerder op die blankes/ boere se veiligheid ge spandeer nie? Gaan kyk mooi na die verniegde lande… Waar die boere weg is is die wild ook weg… Die weiding is weg en die vleis is weg.. Net n gedagte…

Jandre Kroeze ·

Asseblief Maroela! Gaan gesels n bietjie met Sunette Bridges vir die akurate syfers voordat julle publiseer.

Hendrik botha ·

Sit asb my stem by .dat die wereld kan weet wat hier in S.A aangaan

PJC ·

Dit gaan tyd vat om die buitewêreld bewus te maak van wat hier aangaan. ń Groot deel van die Afrikaners in die land het nog nie eers wakker geword nie en leef nog in ń droomwêreld van ń sogenaamde rëenboognasie.

Reguit ·

Wat die intelligente en gekwalifiseerde witmense van SA aanbetref is die meerderheid van hulle tans in proses om te emigreer. Hulle weet goed dat hulle vêr in die minderheid is en letterlik omsingel, verdring en uitgelewer is aan ‘n groot meerderheid bloeddorstige hordes. Die skrif is lankal teen die muur vir die wittes van SA, maar nie almal kan dit lees nie. Van die sowat 5 miljoen wittes het al omtrent 1.7 miljoen reeds geëmigreer. Daar is geen toekoms in SA nie.

Donald ·

Ek is nog hier en ek kan immigreer. Ek kan nie die res van my mense hier los nie. Die tyd gaan kom, hou moed. Dit vat net n handskud met n internasionale wapenhandelaar dan het ons wapens. Hulle verkoop aan enige regime so hoekom nie ons nie. Ons loop op goud en diamant velde. Ons sit met die grootste sekuriteits bedryf in die wereld. Hou moed.

Gunther ..mede boer ·

Moet self hier begin boikot en met kos na winkels begin sloer sodat winkel groepe en hul DC ‘s begin saamstaan om landbou te beskerm.. buitelandse hulp is net n droom..soos ander ook al genoem het van kyk wat sê hulp het zim boete gekry??

DinkBietjie ·

Ek sal my hoed opeet, as enige blanke in Europa, Amerika, Kanada of Australië ons blankes in Suid-Afrika sal help. Hulle regerings het juis miljoene rande in die ANC ingepomp in die verlede voor 1994. Hoekom sal hulle nou ons help? Twee gevrete as jy my vra. Maar nou verswelg die immigrante self vir al daardie lande, so kry vir julle. Die beste is altyd die Britte wat met hulle ponde hier in Suid-Afrika lekker kom leef en ‘n leefstyl handhaaf wat hulle in Brittanje nooit sou kon doen nie. En sodra dinge te warm raak trek hulle sak en pak terug na hulle Royal family en land. Ongelukkig vir hulle gaan Brittanje oor 20 jaar dalk nie meer ‘n ” Christen ” meerderheid hê nie, maar eerder ‘n populasie met ‘n baie meer ander geloof wat hulle aanhang. Europa gaan nog agterkom nie almal wat jy in jou land toelaat, wil jou vriend wees nie.

Joey ·

Jy slaan die spyker op sy kop. Akkuraat en presies. Ek dink Agri forum mors geld om oorsee te gaan hulp soek.

Lizzie ·

Hoekom kan die Herero en Nama nasies in Namibia van die Duitse Regering eis oor wandade wat teen hul mense in die begin 1900’s gepleeg is, { 1,300 Triljoen N$} dan kan die boere van SA seker ook van Brittanje eis vir al die wandade teen vroue en kinders in konsentrasie kampe!!

Reguit ·

Donald. Naïewe mense met ‘insig’ soos jy is een van die groot redes waarom hierdie die laaste jaar is wat mense soos ek in SA is. Jy is gru oningelig. In 1888 het die Geldmag (Rothschild Bankier Familie) dmv hulle agente (Cecil J. Rhodes en Alfred Beit) al die myne in SA opgekoop om sodoende die groot “De Beers Consolidated Mines” groep te stig. Hierdie oorname was die ware rede agter beide Boere Oorloë – naamlik sodat die Internasionale Bankiers hulle kloue volledig op die goud & diamante van SA kon kry – later oorgeneem deur o.a. die super-ryk Oppenheimer Familie. Die Geldmag haat die wittes van SA. Hulle sal verder nooit toelaat dat daar ooit weer ‘n “wit regering” in SA is nie. Hulle is steeds in beheer van die myne (“big business”) & minerale van SA, en dit gaan so bly – tot die wederkoms toe. Die SA Regering is maar net ‘n “puppet” van die Geldmag. Zumpie was effens rebels (wou sy eie kop volg) en toe raak die Geldmag van hom ontslae en stel hulle die nuwe “puppet” aan wat die Geldmag ter wille is. Dinge gaan nie verbeter vir die wittes van SA nie, en nóg minder sal enige iemand wapens aan die wittes van SA verskaf. Droom maar voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.