Veldtog teen Discovery Bank begin

solidariteit-teen-discovery-veldtog

Connie Mulder, dr. Dirk Hermann en Werner Human van Solidariteit het Dinsdag die vakbond se planne vir ‘n veldtog teen Discovery Bank bekendgemaak. Foto: ‘n Skermskoot uit die regstreekse uitsending van die mediakonferensie.

“Ons het verwag dat ʼn innoverende groep soos Discovery unieke oplossings vir bankdienste sou bied. Die bank het die kans gehad om ʼn markleier te wees maar dit is nou net nog ʼn rasleier wat mense op grond van hulle melanienvlakke in hulle vel beloon.”

Dit is die mening van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, nadat die vakbond Dinsdag ʼn veldtog van stapel gestuur het om duisende nee-stemme te kry teen die Discovery Groep se planne om in Maart ʼn bank te begin.

Solidariteit is veral gekant teen Discovery Bank se planne om 10% se aandele aan swart kliënte te gee wat by die nuwe bank aansluit.

“Discovery noem dit ʼn nuwegenerasie-bank, die eerste gedragsbank waar kliënte voordele kan verdien deur goeie finansiële gedrag. Dit is innoverend en ʼn blink idee.

“Maar Discovery Bank gaan ook sy kliënte volgens ras beloon. Swart kliënte kry aandele in die bank net omdat hulle swart is. Dit is ʼn baie ou, uitgediende idee waar die kleur van ʼn persoon se vel sy voordele bepaal.”

Hermann meen die groep het met die optrede die bank in nog ʼn staatsdepartement verander. “Discovery het dieselfde rasse-ideologie as dié van die regering as sy eie ideologie aangeneem en dit is een waar jou waarde in jou velkleur gesetel lê.

“Dit gaan inderdaad ʼn nuwegenerasie-bank wees, ʼn bank waar alle kliënte gelyk gaan wees, maar waar swart kliënte meer gelyk as wit kliënte is.”

Hermann sê die vakbond en AfriForum het verlede jaar met Adrian Gore, hoof van die Discovery‑groep, vergader om hulle bekommernisse oor die bank se rasgedrewe voordele vir kliënte te bespreek.

“Gore en sy span se verskoning was dat die Reserwebank druk op die groep plaas om die soort benadering te volg. Ons verwagting was dat hulle ten minste sal terugdruk om hulle kliënte te beskerm maar hulle probeer nie eens om dit te doen nie, Discovery gee eenvoudig net toe.”

Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsinginstituut, sê Discovery Bank maak daarop staat dat hulle die meeste van hulle mediese en versekeringsdienste in kliënte vir die nuwe bank sal kan omskep.

“Hulle mik ook nie noodwendig vir ʼn lae inkomste groep nie, al sê Discovery die bankkoste sal goedkoper wees. Ons bereken sowat 600 000 van Discovery se kliënte is wit en hulle moet na die helfte van hulle kliënte luister as hulle nee sê. Ons glo Discovery weet dit.

“Hier is waar die publiek hulle stem kan laat geld. Ons vra jou eerstens om iets te doen – stem nee. Discovery is ʼn private maatskappy wat na hulle kliënte moet luister. As Discovery steeds nie na hulle kliënte wil luister nie, dan vra ons jou om iets nie te doen nie, moenie by die bank aansluit nie.

“Ons het die regering wat die afgelope 20 jaar die soort rasse-ideologie invoer maar nou het ons die private sektor wat dit ook netso wil toepas. Ons moet dit duidelik uitstippel vir hierdie maatskappy en maatskappye wat dit oorweeg om dieselfde ideologie te volg dat dit nie aanvaarbaar is nie.”

Hermann het bygevoeg dat Discovery se eksklusiewe benadering van voordele aan kliënte “baie hard” is. “Solidariteit steun eerder ʼn inklusiewe benadering waar mense voordele kan ontvang op grond van hulle inkomstevlak.

“Al wat wit Suid-Afrikaners wil hê, is dat Discovery alle kliënte ewe waardevol beskou, ongeag hulle velkleur. Discovery moet baklei teen die regering se rasse-ideologie, eerder as om te help om dit klakkeloos in te stel.

“Wit Suid-Afrikaners het ʼn stem, ʼn stem wat gehoor moet word en hulle sê nee vir Discovery Bank se rasseplan.”

Solidariteit het ʼn aanlyn petisie begin waar die publiek kan stem of hulle dié bank se planne steun. Die vakbond beplan om 12 Maart die uitslag van die petisie aan die Discovery Bank te oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Colleen ·

Ek en my hele familie het reeds ons medies geskuif na ‘n ander mediese fonds. Wil niks met discovery te doen hê nie.

legens ·

Boikot DSTV ,Woolworths , Absa en nou Discovery ! al die besighede bestaan nog en gaan winsgewend voort , sonder julle ondersteuning . Word tog groot , die res van SA steur hom nie aan die gesanik van minder as 3% van die bevolking nie .

Oom Ekonoom ·

Boikot het inderdaad vrugte afgewerp, veral in terme van verlies aan markaandeel. Waarom begin julle nie n eie gemeenskapsbank nie?

Johan ·

Daar is geen manier waarop ek die D-bank sal ondersteun nie. Ek gaan ALLE bande met Discovery breek.

KAKtus ·

All animals are equal, some are just more equal than others. – Animal Farm – kommunisme.

JohanL ·

As ek kyk na al hul ander dienste, sou ek twee keer, nee drie keer dink voor ek hulle ondersteun.

Ek self gaan nie eers twee keer dink nie en hulle nie ondersteun nie.

Werner Holt ·

As dit die manier is wat hulle die land wil bou mis ek iewers iets. 100% teen Discovey

B ·

Dankie, ek ondersteun inisiatiewe om die (swart / BEE / EE ) narratief te balanseer,

Hoog tyd dat ons as mede landsburgers ons rug styf maak en gehoor word.

Asjas ·

Besig om alles weg te skuif, dit vat ongelukkig langer as wat ek gehoop het …

AndreB ·

Ek het hul reeds einde 2018 geskop en baie ander het blykbaar ook. Sal bittergraag wil weet of en hoeveel hul aandele meer gesak het met die wit man wat hulle verlaat

Adél ·

Gys ons is ook oor Medihelp toe. Ek is laasjaar deur Discovery se nalatigheid ñ week te laat vir ñ NOOD operasie pre authorisation gegee en het persoonlik daarvoor geboet. Ek sal nooit in my lewe weer terug gaan na hulle toe nie. En ons was vir 10 jaar by hulle.

Deneller ·

In Denel was ons vir baie jare lank gyselaar gehou deur Discovery. Ons kon nie wegbreek nie. Dank Vader in 2018 het dit verander. Ek en my familie is oor na Medihelp toe vanaf 1 Jan 2019. Beter dekking,beter pryse.

Engela ·

Gaan nie veel se nie, gaan kyk net wie die direkteure is. !!!!!!!!!!!!

Maria Botha ·

Ons maatskappy het ons medies by Discovery beindig reeds oor die bogenoemde ons nou by Fedhealth en heel gelukkig sal nie maatskappy ondersteun wat nie regverdig is teen alle vel kleure in SA nie

Boet Fasie ·

Ek is ook klaar met Discovery, my vel en my geld is nie goed genoeg nie.

SJS ·

Hul aandele was oorspronklik op 7 700.00 ZAC in Maart 2013 en het goed geklim tot by 19 000.00 in Maart 2018, en nou is dit 15 300.00 in Februarie 2019.

jaco ·

Swart mense word bevoordeel, maar Adrian Göre, nogal hoof van die Discovery Groep, is dan wit. Iets maak nie sin nie.

Jerry ·

The irony of a democratic and free SA is that the revolusionary oppressed has become the revolusionary oppressor. The counter revolusionary struggle must therefor be intensified on all fronts. Funds for Discovery is really funds for the ANC. The ANC state must be cut off from any source of funding because they have already committed treason through state capture, against all South Africans!

Donderstorm ·

Plein rasisme hul se tans fonteintjie ek sali weer by jou drink nie so ons geld is goed genoeg ss altyd maar nie ons vel kleur nie.

JdV ·

Ek vermoed die meeste mense wat die petisie en veldtog gaan steun is nie Discovery-kliënte nie. Nie veel van die blanke kliënte gaan vir Discovery verlaat nie – gratis/goedkoop Dinsdae flieks is vir sommige meer werd as die moeite om van mediese fonds, versekering te skuif.

Wat het van die Sasol-veldtog geword?

KAKtus ·

Was my vraag ook. Lyk my al die hoo-ha het toe op niks uitgeloop nie. n Windjie in n storm.

Gawie ·

Discovery must just remember……they wont just have a bank……they have medical…finance….shares….etc. We will boycott them everywhere if they go go ahead with the idea to give shares to blacks and not whites…
Discovery …dont cry……you have been warned……

Piet Pille ·

Dankie Dirk en Maroela dat sulke onregverdigheid bloot gestel word. Het in 2018 reeds my bande met Discovery gebreek.

jakes ·

Ek ontrek more my en al my personeel se sake by Discovery. Ek duld nie omgekeerde rassisme nie. Gore se kamtige druk van die reserwebank is twak en witmense moet Discovery boikot. Gore gee my net goormaag.

Boer ·

Is daar ‘n wet wat Discovery verbied om dieselfde voordeel aan wit mense te gee? Nee!

Discovery, doen die regte ding en bied die voordeel aan almal. Noem dit wat julle wil.

Boet Fasie ·

Boer – Discovery sal dit nie doen nie weet jy wat se moeilikheid sal hulle van die regering kry, om nie te praat van ons vriende se optogte , klipgooi en aan die brand steek nie. Ons blankes aanvaar maar alles wat na ons kom, of dit ons benadeel of nie.

toy ·

Stel nie belang in Discovery nie. Hul pluk ‘n lat vir hulself.

pb ·

Jy het vrye reg van assosiasie…plaas jou goed…d i versekering, med fonds en banksake waar jy gemaklik is. Discovery is absoluut oneties in hul benadering tot rasse kwessie. As jy in hierdie tyd nog argaies daarna verwys het jy nie bestaansreg in SA nie. Jammer disco…jul faal baie inwoners van hierdie land. Iemand vertaal asb aan Gore hierdie boodskappe.. hy sien net geld…nie mense nie

Hendrik ·

Dis tyd om weer soos na die ABO en depressie ons eie instellings op te bou wat ons in die nuwe SA aan BBBEE afgestaan het. Ek verwys na Volkskas/ABSA, SASOL, Sanlam, EVKOM/ESCOM, universiteite en vele meer. Tyd om Akademia sterk te maak, Virseker te ondersteun, Pretoria FM te luister, n nuwe Afrikaanse bank en mediese verskering maatskappy te stig. DIt sal nie lank wees voor BBBEE die ou voormalige Afrikanerinstansies in die grond in getransformeer het nie.

Gert van Wierdapark ·

Hulle gaan ‘n nare “Discovery” maak dat ons nou moeg is vir die deurlopende gekruipery om gesien en gehoor te word. Die slag gaan Discovery VOEL!

Manie ·

Die wit bevolking het nog baie koopkrag wat maatskappye sal seermaak as hulle dit verloor. Die probleem is net hoeveel mede blankes is bereid om iets te doen. Ek vermoed baie dink dit is nog die paradys hier alhoewel hulle heeltyd wil emigreer. Hier is baie meer maatskappye wat teen wittes diskrimeer. Ek dink aan Engen en Sasol as onlangse gevaĺle. Gaan kyk maar hoeveel blankes spandeer hulle geld daar alhoewel daar openlik teen hulle gediskrimineer word deur die maatskappye

jaco ·

Gore is dan self wit… Weet hy sy dae is getel by Discovery? Regstellende aksie sal, op die beste, keer dat hy bevordering kry en op die ergste sal hy eendag moet hoor “jammer maar ons herstruktureer en ons transformeer en jy het nie meer werk by ons nie”

Adam ·

Adrian Gore kan nie by Discovery bevorder word nie. Hy is die Groepshoof en dus die “top dog” en ek glo hom as hy verwys na druk van bo; dit is immers hul styl. Alhoewel ek hulle nie sal steun nie, beteken ‘n boikot niks deurdat jy bloot na ‘n ander instelling gaan wat aan dieselfde BBBEE wetgewing onderworpe is en dan “skuif” die voordeel bloot na ”n ander instansie. SA is die enigste land ter wereld met die dwase beleid om die meerderheid te beskerm teen ‘n klein minderheid, iets wat waarskynlik as een van die mees diskriminerende handelinge ooit beskou kan word.

Charm ·

As Kleurling kwalifiseer ek ook vir die 10%.Siende dat Dr. Dirk slegs van die blankes en swartes praat.

Diefie ·

Discovery is in elk geval te duur en sponsers te veel dinge en gee nie om vir hulle lede nie. Discovery skep net.

Oros ·

Kry die agente en makelaars jammer wat vir Discovery werk. Hulle hande is afgekap omdat hulle slegs Discovery kan bemark. Sterkte kollegas skuif so vining as moontlik na iemand anders toe.

Piet parys ·

Stel n lys van alternatiewe maatskappye op maar wat nie deur die regering gedwing word om Bee reels toe te pas nie. Die antwoord is nie een nie want die regering dwing dit af . Dit is die probleem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.