Veldtogte begin vir behoud van standbeelde

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto verskaf aan Marianne Styan)

Oudpresident Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto verskaf aan Marianne Styan)

Verskeie organisasies, waaronder die burgerregte-organisasie AfriForum, het met veldtogte begin teen die verskuiwing en verwydering van standbeelde op openbare terreine.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir erfeniskwessies, staan AfriForum die beskerming van Suid-Afrika se totale kultuurhistoriese erfenis voor, asook dat ʼn gebalanseerde beeld van die verlede op alle terreine voorgehou moet word.

“Tans is protes ten gunste van die verwydering van standbeelde ʼn maklike manier om publisiteit vir ʼn ideologiese standpunt te kry, gemoedere op te sweep en gemeenskappe in Suid-Afrika meer te polariseer, het Bailey gesê. “Niemand baat by die proses nie en die verskuiwings bied geen werklike oplossings nie.”

AfriForum het ’n moratorium op die verskuiwing van alle standbeelde en monumente op openbare terreine geëis en voorgestel dat ʼn nasionale erfenisberaad gehou word waar daar oor die toekoms van monumente en standbeelde besin moet word, asook oor name van onder meer dorpe, strate en skole.

Die Orania Beweging het aangekondig sy veldtog sal poog om ’n tuiste te skep vir soveel as moontlik monumente wat onwelkom is waar hulle tans staan. “Van die monumente verteenwoordig ’n belangrike deel van die Afrikaner se geskiedenis. Ander monumente wat geraak word sluit in Jan van Riebeeck en sy vrou Maria, en generaals Jan Smuts en Louis Botha. ’n Hele aantal borsbeelde, wat voorheen elders in die land gestaan het, het reeds ’n plek op Orania gekry. So ook ’n monument wat oorspronklik in Brixton opgerig is vir die Iere wat aan Boere-kant geveg het tydens die Anglo-Boereoorlog,” het James Kemp, woordvoerder van die Orania Beweging, gesê.

Die Vryheidsfront Plus het intussen die ANC-jeugliga se beroep dat Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria verwyder moet word, veroordeel. Philip van Staden, die Vryheidsfront Plus se adjunkleier in Gauteng, het gesê dit is net nog ʼn poging om die Afrikaner ʼn plek in Suid-Afrika se samelewing te ontsê.

“Kruger kan geensins aan apartheid gekoppel word nie. Tewens, met die oorlog teen die Britte het hy selfs verkies dat swartes nie deelneem nie hoewel groot getalle later aan Engelse kant teen die Boererepublieke geveg het. Hierdie [beroep] moet gesien word as deel van ʼn groter aanslag teen wittes in die land wat besig is om hand oor hand in felheid toe te neem. Eers is wette soos regstellende aksie in plek geplaas om die wittes en ander minderhede totaal te ontman en uit die werkplek te dwing. Nou word die gom wat die Afrikaner as kultuurgroep bind, aangeval deur sy taal by skole en universiteite, plekname, skoolname, sportdeelname en standbeelde aan te val,” het Van Staden gesê.

Die politieke party Front Nasionaal het gesê hy het intussen die universiteite van Oxford en Cambridge genader om voogdyskap te aanvaar oor simbole van koloniale geskiedenis wat nou geteiken word. “Front Nasionaal gaan voort om ons te beroep op ons ondersteuners en vennote wêreldwyd om in te tree en ons te help om die sinlose en barbaarse vernietiging van 500 jaar se geskiedenis stop te sit waardeur die bydrae van Europa tot die formasie van hedendaagse Suider Afrika misken word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Carel ·

“Verskeie organisasies, waaronder die burgerregte-organisasie AfriForum, het met veldtogte begin teen die verskuiwing en verwydering van standbeelde op openbare terreine.”

boer ·

Hierdie is n direkte aanval op die blankes en sy geskiedenis. Soos die berig lei,word ons op alle vlakke uit die samelewing gedwing. waarheen moet ons gaan?????

Hierdie is my land,en as die ANC en EFF ons dan so graag wil weg he, verklaar oorlog teen ons blankes,ek daag julle uit. Julle sal dan gou besef met watse mag julle te doen het,want ons GOD, sal ons beskerm,en julle sal die vlaktes in hardloop.

Swanna ·

Stem saam Boer. Genoeg is nou genoeg. Dit word nou te vêr gedryf. Skielik pop al hierdie grille van stadbeelde skuif op. Dit is ‘n absolute politieke aanslag teen die Afrikaner of te wel wittes as ons so mag sê. Ou RA, ek dink jy moet mooi na die geskiedenis van ons voorgeslag gaan kyk.
Ons rig stanbeelde op om ons te herrinner aan die persone wat voor ons vir ons vryheid geveg het en nie standbeelde om te aanbid nie, Ons aanbid ‘n lewende waarlike GOD. Jou skuilnaam wat jy gebruik pas nogal goed by jou. RA die son god van Egipte, so ek nee aan jy aanbid dooie goed wat geen sin uit maak nie.

Ra ·

Die republiek is op die been gebring deur vrymesselaars om beheer oor die land se mineraal-regte te kry en beheer te wees oor als…Jan v Riebeek..Cecil John Rhodes…die “Brotherhood”..selfs Louis Trichardt en Rolihlahla…hoekom dink julle is orals obelisks opgerig soos hulle die land verken het..die Voortrekker son-tempel in Pretoria…Vrymesselaars versprei die son-aanbiddings praktyke die wereld oor….raak ontslae van alle afbeeldings soos die 2de gebod van God vir ons se.

Albert ·

Ons moet ons nie laat intrek om op elke standbeeld, naam of wat ookal ‘n debat te voer oor die meriete of dit behoue moet bly of nie – alles reg verkeerd of nie is deel van hierdie land se geskiedenis en dit kan nie verander word nie.
Dat dit kamstig aanstoot gee is ‘n opgemaakte aantuiging vir politieke gewin – meest emense steur hulle nie eers aan de standbeelde nie en ken nie die geskiedenis daarvan nie.
Indien die name, standbeelde ens aanstoot gee waarom is hulle so verdraagsaam teenoor die geboue, strate en infrastruktuur en breek hulle dit nie ook sommer af nie.

Willie ·

Skuif die standbeelde na die Voortekkermonument toe as dit MOET geskuif word. Behou die plek van die monumente en standbeelde net so soos op die oomblik.

Albert ·

Waar dit kom by ons geskiedenis, kultuur en taal behoort ons geen kompromiee meer aan te gaan nie – hulle doelpale skuif net al hoe verder en moet ons net al hoe meer toegee en toegee tot daar niks meer van ons oor gaan wees nie – die tyd het gekom dat hulle in die sterkste optrede moontlik teengestaan en gestop word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.