Veldwagter deur buffel gegaffel

Don English. Foto: Facebook

Don English. Foto: Facebook

ʼn Veldwagter is Dinsdag in die Krugerwildtuin deur ʼn buffel aangeval.

Isaac Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, het gesê Don English is omstreeks 10:30 aangeval toe hy en ander veldwagters met ʼn getalle beheer-oefening besig was. Hulle het die buffel geskiet waarna hy op English afgestorm het.

“Die buffel het English in die bors getref voordat hy hom herhaaldelik in die lug gegooi het. English kon daarin slaag om aan die buffel se horings vas te gryp en vir sy lewe te klou totdat die buffel beswyk het.”

ʼn Plaaslike dokter het English onmiddellik behandel voordat hy per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling. Glenn Phillips, besturende hoof van die wildtuin, het English ʼn spoedige herstel toegewens.

Volgens Phaahla is die buffel een van talle wat van kant gemaak moes word aangesien daar tans 47 000 buffels in die wildtuin is en die wildtuinowerheid weens die droogte ander diere ook ʼn kans op oorlewing moet gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ekwilibrium ·

Herstel gou mnr. English! Wys jou, ‘n omheinde reservaat is só ‘n mensgemaakte konsep dat daar konstant ingemeng moet word om ‘n ekwilibrium te probeer handhaaf. In ons oorbevolkte wêreld is dit egter die beste wat ons kan doen, anders is die natuur verlore. Ek sal altyd lief bly vir die Kruger Wildtuin!

Wouter ·

Enigste ligpunt is dat die buffels nie van bakkies af geskiet word nie. Sterkte English…

Jan maak n plan ·

Jammer om te hoor van die veldwagter se seer. Wonder net of daar nie n manier is vir die wildtuin om geld te kan maak met die uitdunning van die buffels nie. Daar is baie jagters wat sal betaal om n buffel of twee te kan skiet. Op die staduim kom daar nie n sent in vir die uitdunning nie.

snoefie ·

die vleis word darem verwerk en ten duurste verkoop. dit word in elk geval nie gemors nie.

Gerhrd Smit ·

Mag die dag dat enige lid van die publiek toegelaat word om ‘n vuurwapen se sneller in ons Nasionale Parke getrek word, nooit aanbreek nie.

Rikku ·

Belinda ek stem saam met jou.
Die gekweste Buffel het nog soveel krag gehad om so op te tree. Wys jou net, dit was nie ‘n goeie skoot nie. Hoekom verdoof hulle nie eers die dier en dien dit dan die doodskoot toe ?
Vra maar net

Paul ·

Gaan jy daarvoor betaal, Rikku? Dis duur.

Weet jy hoe werk verdowing? Die dier word geskiet met ‘n pyl, dan skrik hy en hardloop in die bosse in en gaan lê eers ná ‘n geruime tyd. Dan moet die dier eers weer opgespoor word (en dis gevaarlik om te doen!) voordat hy geskiet kan word.

Beesblaas ·

Was moontlik n long skoot wat dodelik is, maar n buffel is n taai dier, hy sal veg tot na die dood. As hul hom verdoof kan die vleis nie gebruik word nie. Niks vout met jag en kwota beheer nie

Theresa B ·

As jy soos jou agterkwart skiet – sal ek jou ook so gaffel. Arme buffel. Dis darem vreeslik om net eenvoudig doodgeskiet te word.

Karma ·

@Theresa, dit is erger om van die honger en dors te vrek – ‘n stááádige uitgerekte lyding – as gevolg van oorweiding en droogte, as om enkele sekondes nog te leef na ‘n (swak?) skoot van ‘n wildbewaarder en dan te vrek. In omstandighede soos oor-aanteling en droogte is dit nodig om “uit te skiet” onder wild, anders word die natuur se ekwilibrium versteur. Indien daar nie parke is nie, sal die mensdom (sekere groepe) alles uitwis, want hulle dink nie aan ‘n nalatenskap nie (dis die hier en die nou, die imali, wat tel). Miskien moet die veldwagters en wildbewaarders net so bietjie leer om beter te skiet. Of dalk moet die buffels geleer word om nie so anti-Engels te wees … :-))). Sterkte aan mnr. English, met die herstel.

Eric ·

Liewe genade mens kan sommer duidelik sien jy praat uit totale onkunde

Takkie Takuuza ·

Dis seker minder pynlik as drie leeus aan ‘n buffel hang en hulle sy neus afbyt en hy in sy eie bloed versmoor en as hulle aan hom begin vreet voor hy dood is. Wonder watter manier hy sou kies, indien hy sy eie einde kon kies.

Niel ·

Sterkte Don. Herstel gou jys in ons gebede.

Maklik vir julle.om te sê swak skoot en warra warra. Nie een van julle was daar nie. Ken julle n buffels se optrede?

Ongelukkige gebeur.

Ons in net dankbaar Don is nog met ons

Slootvreter ·

Wanneer dun hulle olifante uit? Ek was die naweek daar en die skade aan die bome is erg.

Engela van Dyk ·

Hoekom die buffels uitskiet, hoekom dit nie liewer verkoop nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.