Veldwagter deur seekoei aangeval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veldwagter by ʼn private wildreservaat buite Pietermaritzburg is ernstig beseer nadat hy Donderdagoggend deur ʼn seekoei aangeval is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van hul Pietermaritzburg-tak is na die toneel ontbied. “Met hul aankoms het die veldwagter en ’n paar kollegas in ’n kamp gesit. Die wonde aan sy arm was reeds deur sy kollegas verbind.”

Volgens Meiring het die man ernstige beserings aan sy regterarm opgedoen. Hy is op die toneel behandel voordat hy na die Mediclinic Pietermaritzburg geneem is vir dringende mediese sorg. Die man het later aan paramedici gesê hy het sy oggendpatrollie gedoen toe die seekoei hom aangeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Hy moes te naby aan die seekoei se ruimte beweeg het, hy sal verseker nie net aangeval geword het nie, te mak geraak.

Dave ·

Scala, seekoeie is agressief. Dit is die dier wat die meeste mense doodmaak in Afrika. Ek het dikwels tussen hule visgevang in St Lucia en daar het ek geleer dat jy nie ‘n flitslig afhaal van ‘n krokodil nie maar onmiddelik jou flistlig afskakel as daar seekoeie is. Hulle is gevaarlik. Hy is gelukkig dat hy sy storie kan vertel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.