Veldwagter glo per ongeluk doodgeskiet

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

ʼn Veldwagter is Maandag in Onder-Sabie in die Krugerwildtuin doodgeskiet.

William Mabasa, woordvoerder van SANParke, het gesê besonderhede oor die voorval is steeds vaag en die polisie stel ondersoek in.

Fundisile Mketeni, hoof van SANParke, het gesê hulle is hartseer oor die dood van ʼn hardwerkende kollega. Hy het SANParke se meegevoel uitgespreek met die veldwagter se naasbestaandes en kollegas.

Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie. SANParke het wel gesê dit lyk asof die voorval ʼn ongeluk was.
Mketeni het gesê die noodlottige skietvoorval het plaasgevind na ʼn twee dae lange operasie waartydens nege vermeende stropers aangekeer is en op vier swaarkalibergewere beslag gelê is.

Drie vermeende stropers is op 19 Maart in hegtenis geneem in Pretoriuskop. ʼn Jaggeweer, ammunisie, ʼn byl en renosterhorings is in hul besit gevind. Nog ʼn vermeende stroper is kort daarna in Stolznek in hegtenis geneem terwyl sy beweerde medepligtige daarin kon slaag om te ontsnap. Die eenheid het op nog ʼn jaggeweer, ammunisie en ander toerusting wat vir stropery gebruik word, beslag gelê.

Nog vyf vermeende stropers is kort daarna in hegtenis geneem en daar is op nog twee jaggewere, ammunisie en renosterhorings beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gelukkig ·

Weereens ‘n tragiese geval wat verskeie kere ook in die jagveld gebeur het en sal gebeur. Gelukkig was hier nie ‘n boer of witte by betrokke want dan was dit nie ‘n ongeluk en die hel alweer los!! Skynbaar is daar reeds besluit dat dit dalk ‘n ongeluk was wat andersins nie die geval sou gewees het.

piper ·

ons klein kinders sal gelukkig was as hulle nog eendag n wiltuin gaan he. van nelspruit tot phalaborwa is een groot plakkerskamp van terduisende mense. hulle gaan net instroom oor die park grense en hulle self help aan al die vleis wat daar rondloop. dit gaan later nie meer veilig wees om daar te wees nie. die parke en weermag probeer hard en ek hoop hulle hou so aan.

Scalla ·

So Sanpark het klaar besluit dit was n ongeluk, laat dit maar eers ondersoek word. Opleiding , dissipline en bevoegdheid is baie belangrik met so n operasie. Laat ons wag en sien.

johan ·

as dit nou ‘n witman was wat per ongeluk ‘n mieliedief in die aand doodgesakiet het was daar net weer rasisme betrokke ek is so SIEK vir die land kan nie wag dat my goed reg is om te imegreer….

Nice ·

En waarheen hardloop jy moenie nie dunk die Gras is groener aan die ander kant nie hoor,dis ouens soos jy wat my siek maak om eeder die maklike manier vat om weg te hardloop

Danie ·

Wat vir my baie snaaks is die naweek van die 18de Maart 2017 het ek 2 renosters gesien met horings naby krokedilbrug,hoekom word hulle nie onthoring as die Sanparke weet daar is soveel stroperei aan die gang nie ja dis nou wragtig nie mooi om die diere te sien sonder die horings nie maar hoe anderste as om hulle te beskerm van uitwising

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.