Veldwagters vas oor renosterstropery

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Drie veldwagters is in hegtenis geneem in verband met ʼn vermoede dat hulle betrokke is by renosterstropery in die Krugerwildtuin.

Die drie verdagtes was in die Krokodilbrug-gebied gestasioneer en is tans in aanhouding hangende verdere ondersoek en tot hulle in die hof verskyn.

“Dit is altyd baie hartseer wanneer jou eie personeel betrokke raak by stropery maar ek wil SANParke en die polisie se ondersoekers gelukwens met hul ywerige werk om die lede vas te trek,” het Glenn Phillips, die wildtuin se uitvoerende bestuurder, gesê.

“Ons sal nie afgeskrik word nie om te verseker dat ons suksesvol is in die bestryding van stropery in die wildtuin. Diegene wat nog betrokke is of weet wie die betrokkenes is en vir ons inligting wil gee, ek en die uitvoerende hoof van SANParke is bereid om te luister.”

Phillips het gesê die inhegtenisnemings was ʼn gesamentlike poging deur SANParke-veldwagters, lede van die omgewingsondersoekeenheid, die polisie en die Valke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Paul ·

Hulle het hulself nie as personeel beskou nie, hulle was ook nie lojaal teenoor hul missie nie. Ek het ‘n idee hulle weet nie wat ‘n missie is nie, hulle sal ook nie lojaal aan ‘n landsvlag wees nie.

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… Need I say more?

Hannah ·

Hoe dan nou anders.
Bitter min is daar omdat hulle omgee vir die bewaring van die natuur.
Dit gaan oor…”ek ontvang n inkomste”…let wel…nie VERDIEN n inkomste ni

Fanie ·

Stroping van enige aard verdien verpligte doodstraf. Wêreldwyd.

Albert ·

Laat my wonder of daar n keurings proses is voor hulle n aanstelling maak.

Muffin ·

Dit is mos nou wat jy noem werkskepping. Nou moet daar veldwagters aan gestel word om dii bestaande veldwagters op te pas. Maklik verstaanbaar.

Hendrik Kruger ·

Die owerhede moet sulke ouens se identiteite bekend maak sodat die samelewing kan weet wie die kat in die duiwehok is.Owerhede,asb stuur n duidelike boodskap aan ander bewaarders van ons erfenis deur maksimum straf op te dien.

Willie Gouws ·

Ons is baie lief om in Krokbrug te kamp en kla al vanaf 2015 oor die baie voertuie wat deur die nag by die toegangshek in en uit ry . Ons het al by parkeraad daaroor gekla . Verlede jr het ons ook oor Skukuza se nagtelike ryery gekla . Sterkte aan die manne wat hierdie stropers vasvat , as hulle net tronktoe gestuur word en nie weer die vlg week weer aandiens is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.