Ventersdorp-inwoners betoog oor elektrisiteit

Bande word buite die munisipale kantoor in Ventersdorp gebrand (28 Augustus 2017). Foto: Molaole Montsho/ANA

Elektrisiteitstoevoer in Ventersdorp in Noordwes is onvoorwaardelik herstel nadat inwoners Maandag na die munisipale kantore opgeruk en geëis het dat die munisipaliteit aandag gee aan die kwessie van die omstrede tariefstelsel.

Calvin Johnson, lid van die munisipale raad (LMR), het inwoners verseker dat elektrisiteitstoevoer na die dorp onmiddellik herstel sal word en dat die munisipaliteit met ʼn konsultasieproses met die gemeenskap sal begin.

Betogende inwoners van Ventersdorp het munisipale kantore tot stilstand gedwing deur onder meer buitebande voor die munisipale gebou aan die brand te steek. Boere, wat glo buitebande aan betogers voorsien het, het gedreig om alle toegangspunte na die dorp met vragmotors en trekkers af te sper indien daar nie ʼn oplossing vir die krisis bewerkstellig word nie.

Naledi Rampa, ʼn gemeenskapsleier, meen die munisipaliteit het nagelaat om ʼn rekeningstelsel op te los waar verbruikers slegs 5% van die elektrisiteit waarvoor hul betaal het, ontvang terwyl die munisipaliteit glo 95% van die geld gebruik om hul skuld te delg.

“Vir die oomblik sal die elektrisiteit toegeken word sonder enige voorwaardes. Wanneer jy R100 se elektrisiteit aankoop moet jy R100 se elektrisiteit ontvang. Die 95:5- of 70:30- of 50:50-rantsoen sal bespreek word tydens die konsultasieproses,” het Johnson gesê.

Rampa het vroeër gesê die 95:5-beleid het daarop neergekom dat inwoners R2 000 se elektrisiteit moes koop om R100 se elektrisiteit te ontvang. Dié beleid is na bewering op Ventersdorp se inwoners toegepas ná die samesmelting van die Ventersdorp- en Tlokwe-munisipaliteit (Potchefstroom). Luidens berigte is dit ʼn beleid wat in Potchefstroom toegepas is.

Verheugde inwoners het vreedsaam uitmekaar gegaan nadat die aankondiging gemaak is.

Bande word afgelaai buite die munisipale kantoor in Ventersdorp (28 Augustus 2017). Foto: Molaole Montsho/ANA

Boere en sakelui het selfs hul werkers saamgebring na die betoging. “Ons het mense wat in koue water moet bad omdat daar nie elektrisiteit is nie. Daar is mense wat hul chroniese medikasie in yskaste moet bêre, maar wat dit nie kan doen nie. Ons maak hierdie kantore toe totdat die probleem opgelos is,” het Rampa gesê.

Volgens Rampa het dienslewering in die dorp ineengestort sedert die twee munisipaliteite saamgesmelt het.

Betogers het vroeër die dag buitebande aan die brand gesteek en teen-apartheidsliedere voor die administrasiegebou van die munisipaliteit gesing. Munisipale werkers is gewaarsku om die gebou te verlaat.

Ernst Henning, ʼn plaaslike sakeman, het gesê die arm mense in Ventersdorp word die meeste deur die elektrisiteitskwessie geraak. “Daar is geen dienslewering in Ventersdorp nie. Ongeag of jy betaal of nie, hulle sny die krag af,” het hy gesê.

Plaaslike boere het gesê hulle word ewe nadelig geraak deur die betalingsbeleid.

Petrie Geldenhuys, ʼn boer van die omgewing, het gesê boere word gefaktureer vir vullis- en rioolverwyderingsdienste wat nooit deur die munisipaliteit verskaf is nie. “Ons kom hierheen in goeie trou om vorms in te vul, maar dit word in bokse gegooi en word nooit geprosesseer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

11 Kommentare

Leahim ·

Dit is hoekom ek altyd sê hierdie piesang regering neem net kennis en gee aandag sodra iets aan die brand gesteek word.

Brand ·

Ja ………….so kom ons brand die sub-stasies af want ons kry nie krag nie. Piesangs.

anton ·

Wonder of die mense besef die skade wat daai brandende bande aan die osoon laag veroorsaak.

Jacques Venter ·

Wonderlike nuus. Ventersdorp bewys dat mense oor ras en idiologiese grense kan saamwerk.

Wonderlike vooruitsigte vir die toekoms

Leahim ·

Jacques. Ek stem nie saam hierdie is maar net n Suid afrika boere ding om as hulle nie kan domineer nie om saam met die sterkste groep te staan .My oupa se oupa het hom vertel dit is hoe die handjie vol boere wat vir n saak geveg het in die oorlog teen die engelse verloor het.

madels ·

Dis hoe n ding gedoen moet word. I.p.v. om rasisme aan te wakker moet ons begin saam staan teen wat nou in hierdie siek land gebeur. Ek is trots op hierdie boere wat begin OMGEE vir hul naaste.

Jacques Venter ·

Skade aan die teerpad met al daai brandende trekker bande

Elsie de Beer ·

Mense neem ‘n voorbeeld uit Ventersdorp waar die BOERE nou hul omgewing en gemeenskap ondersteun in die basiese diens verskaffing en absolute uitbuiting. Daai BOER wat kos op jou tafel sit in die stad kan ook op raak en staan nou saam sy gemeenskap om almal se voortbestaan te verseker as MENSE met waardigheid. LESS BERIG en dan sal bietjie brand en osoon jou laat skaam kry oor jou selfsug as mens met alledaagse geriewe in jou omgewing ie krag en water en sanitasie veral krag. Net vanaand almal weer omgekrap in Garsfontein Pretoria oor geen krag en hulle wil kosmaak . Sjoe dit was een aand. R2000 krag en jy kry net R100 om te [email protected] Iewers loop iets erg skeef in ons samelewing!

TDW ·

Ek kan nie glo julle het my kommentaar verwyder nie. Ek sal dit nou weer sê.
95:5 ratio is belaglik! Maar daar was groot gevegte om die 2 munisipaliteite te laat saam smelt want die een het floreer(DA) en die ander een het gevou(ANC) agv wanbestuur. Dis ‘n ou laai wat die ANC doen met al die munisipaliteite. Hierdie is woedende inwoners wat verontreg is. Die betogings vroeër (om die saamsmelt te ‘demand’) was natuurlik aangeryde ANC ondersteuners. En voor julle weer my kommentaar gaan verwyder verwys ek julle na hierdie berig.
https://www.iol.co.za/news/politics/tlokwe-cant-carry-ventersdorps-debt—da-1984758

Jacques Venter ·

Hallo Liahim
Jammer om te sê, maar jou oupa se oupa het nie die gedkiedenis mooi verstaan nie.
My oupa (eks heelwat ouer as jy ) het vertel dat daar maar min joiners was. Die impak wat hulle gehad het was minimaal.

Die grootste faktore wat gelei het tot die Engelse oorwinning was. Hulle getalle oorwig, die afbranding van plaashuise en landerye, die vermoording van vroue en kinders in kampe. Verder het die boere geen geriewe gehad om krygsgevangrnes aan te hou nie.

Dit bring my nou by die vraag. In kommentare lees ek nou dikwels van die huidige joiners.

SÊ ASSEBLIEF VIR MY WIE IS HULLE EN WAAROM SÊ JY SO.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.